‘n Jong man van Kleinfontein, Chris Conradie (23) is Vrydagaand in koele bloede doodgeskiet toe hy en twee vriende naby die swart plakkerskamp, Diepsloot, langs die N14-hoofweg tussen Krugersdorp en Pretoria stilgehou het om ‘n gestrande voertuig se insittendes te help. Sy vriend Quintin Dekker (24) het met hom na ‘n hospitaal gejaag, terwyl Werner Buhr
Enorme swaai na regs in EU en elders
Die hele Europa swaai na regs soos ‘n nuwe generasie jong, manlike internetondersteuners harde nasionalisme en anti-immigrasiebeleidsrigtings omhels, het ‘n omvattende studie aan die lig gebring voor ‘n vergadering van politici en akademici in Brussel om die verskynsel te ondersoek. Navorsing deur die Britse dinkskrum Demo’s het vir die eerste keer die houding onder ondersteuners
Groenskrif oor grondhervorming
Die basis vir die Groenskrif oor grondhervorming is steeds die ANC se Nasionaal Demokratiese Rewolusie, die NDR. Getrou aan die NDR verklaar die Groenskrif dat “alle anti-koloniale strydaksies in hul wese oor twee aangeleenthede gaan: herbesitneming van grond wat deur mag of misleiding verloor is; en die hervestiging van die sentraliteit van inheemse kultuur.”
PRAAG verwelkom Nederlandse steun vir taalstryd
Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) het die steun van die Nederlandse Partij voor de Vrijheid (PVV) vir die Afrikaanse taalstryd verwelkom. “PRAAG werk reeds lank daaraan om die taalstryd te internasionaliseer en daarom verteenwoordig die PVV se versoek aan die Nederlandse Taalunie vir ons ‘n deurbraak,” het dr. Dan Roodt, leier van die beweging, gesê. Lees
Lees verder: PRAAG verwelkom Nederlandse steun vir taalstryd
Nederlandse Taalunie gevra om vir Afrikaans te veg
DEN HAAG, Nederland. Drie Nederlandse parlementariërs wat die PVV-party verteenwoordig in die parlement se Nederlandse Taalunie, het in ‘n persverklaring hulle diep kommer uitgespreek oor die “inploffing” en uitwissing van Afrikaans op SA universiteite onder die ANC-regime. Die drie, M. Bosma; H Beertema en J Driesen, doen ook ‘n beroep op die Vlaamse minister Pascal
Lees verder: Nederlandse Taalunie gevra om vir Afrikaans te veg
SARU, Supersport minag Afrikaans!
Ope brief aan die bestuur van SARU en van Supersport Ek het nooit werklik besef met watter minagting u as die South African Rugby Union en u agterryer Supersport ons Afrikaanssprekendes behandel nie. (Of is SARU die agterryer?) Eers met Donderdagaand se spektakel (en ek bedoel spektakel, nie spectacle nie) het dit behoorlik tot my
Zille moet bedank
“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die bekendmaking van die Openbare Beskermer se verslag die week met bevindings oor wanbestuur en ongerymdhede in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit in Gauteng,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng, gesę. Die VF Plus het reeds in April 2009 tydens ‘n mediakonferensie inligting oor korrupsie aan die media
Midvaal se korrupsieballon
Данильченко Юрий Харьков
Stellenbosch móét Afrikaans bly!
Die Vryheidsfront Plus ondersteun die aankondiging van oud-studente van die Universiteit van Stellenbosch en verskeie toonaangewende burgerlike organisasies dat hulle teen die universiteitsbestuur gaan optree weens die stelselmatige afskaling van Afrikaans as primêre onderrigtaal aan die universiteit. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys, is die afskaling van Afrikaans in beide basiese
DA verander nog ‘n straatnaam
Nog ‘n politieke aktivis gaan vereer word wanneer ‘n bekende Kaapstadse straat vanoggend na haar vernoem word. Die burgemeester van die stad, Patricia de Lille, sal Western Boulevard se naam amptelik na Helen Suzman Boulevard verander. Wyle Suzman het 27 eredoktorsgrade van universiteite wêreldwyd ontvang. Sy is twee keer vir die Nobelvredesprys benoem en het
