‘n Vrou is noodlottig gewond tydens ‘n gewelddadige betoging in KwaDukuza, noord van Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdagaand gesê. “Gister (Maandag) is ‘n vrou doodgeskiet, na bewering deur ‘n ongeïdentifiseerde veiligheidswag,” het brig. Phindile Radebe gesê. Sy het ontken dat die vrou deur die polisie, wat op die skare van ongeveer 300 met
Chinese diplomate reik uit na Libiese rebelle
Chinese diplomate het in Benghazi, wat deur Libiese rebelle beheer word, aangekom om lede van die opposisie te ontmoet en die konflik in Libië te evalueer, het die regering Dinsdag gesê. Die onbekende diplomate van die Chinese ambassade in Egipte het Benghazi besoek “om ‘n beter begrip van die humanitêre toestand en die omstandighede vir
Ernstige bedenkinge oor die VVK
Ek loop dikwels kommentare onder Praag-artikels raak wat die Volksraadverkiesingskommissie se beplande verkiesing as ‘n lewensvatbare alternatief vir die rasse-sensus wat Suid-Afrika se gewone verkiesings verteenwoordig, probeer voorhou. Ek het al dikwels sulke inskrywings bevraagteken, spesifiek oor die onafhanklikheid van die VVK, en die antwoord is telkens dat die VVK soortgelyk aan Suid-Afrika se OVK is,
Grootste teeplaas in puin gelê
Die grootste teeplaas in die suidelike halfrond, Magwa Tea buite Lusikisiki in die Oos-Kaap, staar ondergang in die gesig nadat die plaas vroeër hierdie jaar deur sy werkers geplunder en verlaat is. Die plaas van 1 803 hektaar het ‘n omset van R65-miljoen per seisoen en verskaf werk en loopbaanopleiding aan 1 200 permanente en
Moderne geopolitiek
Nuwe tegnologiese ontwikkelings vereis ‘n voortdurende aanpassing aan ‘n konsep wat in die 60-gerjare van die vorige eeu besonder gewild was, die geopolitiek. As die strategiese belang van seeroetes bekyk word, is sekere gebiede doodgewoon belangriker as ander. Die Arabiese domino-rewolusie het onder meer beklemtoon hoe belangrik die Suezkanaal is. Kernmissieltegnologie het verseker dat die
Nòg ‘n plaasmoord ruk Randfontein
‘n Prominente boer se liggaam is om ongeveer 4.30nm deur plaaswerkers gevind, nadat hy Vrydagoggend as vermis aangemeld is. Lede van die plaaslike SAPD-sektorpolisie, honde-eenheid en lugvleuel, sowel as gemeenskapslede, en die plaaslike gemeenskapspolisieëringsforum (GPF), is al sedert Vrydag betrokke by ‘n reuse soektog na die boer, wat niks opgelewer het nie. Plaaswerkers, wat Saterdag
Volksmoordenaar gaan Mugabe opvolg
Die man wat die suksesvolle volksmoord in Zimbabwe in die tagtigerjare gedryf het, dr. Sydney Tigere Sekeramayi (67), gaan volgens alle aanduidings as die opvolger van Robert Mugabe aangewys word. Hy is sedert 2009 die minister van staatsveiligheid in Zimbabwe. Sekeramayi het sy opleiding in Swede en Tsjeggoslowakye ondergaan nadat hy uit sy skool in
Britte bekommerd oor te veel seksuele inhoud
Die Konserwatiewe Party in Brittanje wil ouderdomsbeperkings op musiekvideo’s toepas om te verhoed dat kinders “te gou grootword”. Daar is stygende kommer in Brittanje oor kinders wat op ‘n baie vroeë ouderdom aan beeldmateriaal met seksuele botone blootgestel word. ‘n Verslag, wat deur die regering aangevra is, stel voor dat ouers meer beheer moet hê
Hond lewend verbrand
‘n Hond moes Maandag uitgesit word nadat hy in Daleside, Vereeniging, aan die brand gesteek is, het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Maandag gesê. “Die hond het doodstil gestaan omdat dit te pynlik was om te beweeg. Geen dier verdien dié barbaarse, wrede teistering nie,” het Marlien Pieterse, bestuurder van die DBV in Vereeniging gesê. Die Shar
Weermag takel renosterstropers
Vier vermeende renosterstropers is in twee verskillende voorvalle oor die naweek vasgetrek, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Maandag gesê. Twee mans is Sondag in hegtenis geneem in ‘n gesamentlike operasie van die SANW en die polisie in Belfast Trust, KwaZulu-Natal, het woordvoerder lt. kol. Marinda Meyer gesê. Hulle was na bewering betrokke by renosterstropery
