Zuma na Algerië

President Jacob Zuma sal volgende week ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na Algerië lei, het die departement van Internasionale Aangeleenthede en Samewerking Sondag gesê.

Die 5de vergadering van die bi-nasionale kommissie sal aanstaande Dinsdag en Woensdag plaasvind.

Ses verskillende groepe sal werk aan kwessies soos energie en infrastruktuur, verdediging en sekuriteit asook handel en beleggings en sal verslag doen oor hulle vordering.

Ses en twintig bilaterale ooreenkomste is tussen die twee lande tot op hede gesluit.

“Daar word verwag dat die bi-nasionale kommissie verder ‘n geleentheid vir alle uitstaande ooreenkomste en programme van aksie tussen die twee lande sal bied om gefinaliseer te word. “

МордвиновФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae