Die meeste Switserse burgers in ten gunste daarvan dat die boerka (Islamitiese gesigsluier) verbied word, het ‘n nuwe peiling aangetoon.
Volgens die peiling is sowat 58% van diegene wat daaraan deelgeneem het ten gunste van die verbod op die boerka.
Sowat 26.5% is teen die verbod van die dra van die sluier, terwyl 15.9% nie kan besluit nie.
Frankryk beplan om binnekort ‘n verbod op hierdie kledingstuk te plaas terwyl die Belgiese parlement se laerhuis ook onlangs besluit het om die dra daarvan in die openbaar te verbied.
