President Lee Myung-Bak het in ‘n nasionale televisieboodskap beloof dat onmiddellike militêre reaksie enige toekomstige aggressie sal beantwoord en gesê Seoel sal die Maart 26 aanval verwys na die Veiligheidsraad vir straf.
“Van nou af, sal (Suid) Korea nie ‘n uitdagende aksie deur die Noorde toelaat nie en sal die beginsel van pro-aktiewe verdediging handhaaf,” sê Lee.
“As ons die territoriale waters, lugruim of gebied geskend word, sal ons onmiddellik ons reg tot selfverdediging uitoefen.”
Ontleders voorspel dat spanning by die grens tussen die twee lande hoog sal bly vir maande, maar het gesê grootskaalse konflik is onwaarskynlik.
‘n Multinasionale ondersoekspan het verlede Donderdag oorweldigende getuienis gevind dat ‘n Noord-Koreaanse duikboot ‘n swaar torpedo afgevuur het wat die 1 200 ton korvet naby die omstrede grens gesink het, waar 46 matrose omgekom het.
Seoel is ‘n noue bondgenoot van die Verenigde State, wat soos talle ander lande die aanval veroordeel het. In Seoel word die jongste aanval as een van die ergste
provokasies sedert die einde van die 1950-1953 oorlog beskou.
Maar die Noorde se bondgenoot China, wat in die Veiligheidsraad oor vetoreg beskik, het tot dusver net ‘n beroep op alle partye gedoen om met selfbeheersing op te tree.
Die Noorde sê die Suide het bewyse van sy betrokkenheid vervals om sodoende
te probeer om konflik te skep. Dié land dreig met “totale oorlog” in reaksie op
aan enige strafmaatreël.
Washington, wat 28 500 troepe in Suid-Korea het, het Seoel se reaksie ten volle ondersteun.
Kim Tae Young, minister van Verdediging, het gesê die vlote van die twee lande sal binnekort ‘n anti-duikboot oefening aan die weskus as deel van hul antwoord hou.
Kim het ook gesê die Suide sal luidsprekerpropaganda-uitsendings oor die gespanne grens hervat, wat die twee lande onder ‘n 2004-ooreenkoms opgeskort het.
Hillary Clinton sal aandring dat China hard met sy dwars bondgenoot handel tydens haar huidige besoek aan Beijing. Sy besoek Seoel Woensdag.
“Nou staar ons weer ‘n ernstige uitdaging in die gesig deur die aanval op die Suid-Koreaanse skip,” het sy gesê aan die begin van die twee dae van hoëvlak onderhandelings.
Die president het gesê dat die Suide in die verlede herhaaldelik die Noorde se “brutaliteit”, geduld het, met verwysing na ‘n 1983-bombardement in Mianmar gemik op Seoul se destydse president en die afskiet van ‘n Suid-Koreaanse vliegtuig in 1987 wat 115 mense gedood het.
“Maar nou is dinge anders. Noord-Korea sal ‘n prys betaal wat ooreenstem met sy uitdagende dade.”
Die Noorde, het hy gesê, “is ‘n land wat nog glo in die maak van dreigemente en die pleeg van terreur-aktiwiteite. Noord-Korea se doel is om verdeeldheid en konflik te saai”.
Moo-Jin Yang, van Seoul se Universiteit van Noord-Koreaanse Studies, het aan AFP gesê: “Beperkte militêre konflik is altyd moontlik, maar die twee Koreas sal na verwagting selfbeheersing toepas aangesien die supermoondhede nie die toestand op die skiereiland te ver sal laat gaan nie,” en bygevoeg dat Beijing Pyongyang sal dwing om te bedaar.
