Marzanne is blind

Marzanne Kruger, is Donderdag uit die hospitaal ontslaan, maar is blind. Die baba is vroeër dié maand ernstig beseer nadat haar swart oppasser haar aanvallers in die huis ingelaat het.

Dit is nie bekend of sy permanent blind sal wees nie. Marzanne was byna vier weke lank in die hoësorg-eenheid van die Sandton Medi-kliniek.

Intussen het die Johannesburgse landdroshof Stanley Nkari Donderdag Nelson Maphosa, een van die aangeklaagdes en ‘n Mosambiekse burger, se borgaansoek van die hand gewys.

Maphosa word saam met ‘n tweede verdagte aangekla van huisbraak met verswarende omstandighede en poging tot moord, wat verband hou met die aanval in April in Randburg.

‘n Derde verdagte is steeds soek. Die saak is uitgestel tot 7 Junie.casino gameФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae