Finale bewys dat Iran kernwapens ontwikkel

Vertroulike dokumente wat deur die The Times In Londen verkry is, toon dat Iran weliswaar die finale komponent van ‘n atoombom wil toets. Die nota’s van Iran se mees sensitiewe militêre projek, beskryf die land se vierjaarplan om ‘n neutroninisieerder, die snellerkomponent vir ‘n kernontploffing, te toets.

Die intelligensieverslag is glo deur ‘n Asiese bron bevestig wat meen dat Iran kernwapenbedrywighede in 2007, spesifiek aan ‘n neutroninisieerder, onderneem het.

Die dokumente in die dagblad se besit is tegnies van aard en beskryf die gebruik van ‘n neutronbron, uraandeuteried, wat volgens kenners geen ander burgerlike of militêre aanwending het as slegs vir ‘n kernwapen nie.

Dit is dieselfde materiaal wat die Pakistanse bommakers gebruik het wat die bloudruk vir Iran se bom verskaf het.

David Albright, fisikus en voorsitter van die Instituut vir Wetenskap en Internasionale Veiligheid in Washington, wat al honderde bladsye van die Iranse kernprogram onder oë gehad het, sê dit is ‘n baie sterk aanduiding van wapenbedrywighede.

Verskeie intelligensieagentskappe van Westerse moondhede, asook die IAEA, die Internasionale Atoomenergieagentskap het die bestaan van die dokument bevestig.

Israel het ook hulle kommer oor die dokument uitgespreek.

Mark Fitzpatrick, senior navorser vir die Internationale Instituut vir Strategiese Studies in Londen, sê die mees verdoemende gevolgtrekking is dat indien die program in 2007 begin het, dit as ‘n casus belli gereken kan word. “As Iran aan wapens werk, kan daar nie ‘n diplomatieke oplossing wees nie.”

Die Times het die dokumente wat in Farsi was, laat vertaal en daarna deur twee verskillende onafhanklike vertalers laat verifieer.

Die inhoud van die dokumente is plofbaar aangesien Washington tans uitreik na Teheran. Vrae oor president Obama se doelwitte met sy grondverskuiwende aankondiging dat hy in gesprek gaan tree met Iran, gaan beslis geopper word.

Die dokumente bevat die bewys dat Iran reeds sedert 2003 aan wapens werk en waarskynlik is hulle steeds besig met die vierjaarplan wat in die stukke vervat is.

Die VSA het in 2007 beweer dat Iran waarskynlik hulle wapenprogram opgeskort het, ten spyte van Brittanje, Duitsland en Frankryk se aandrang tot die teendeel.

In die dokumente is ook planne oor hoe om die spore van uraan wat tydens ‘n ontploffing vrygestel word, te verbloem sodat die buitewêreld nie bewus word daarvan nie. Sulke spore kan omuitwisbare bewys wees van Iran se voorneme om ‘n kernmoondheid te word.

Fitzpatrick het die dokumente as die finale bewysstuk vir Iran se kernwapenideaal beskryf.

 

русские печиАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae