Team Bedreigde Politici

Om mense, veral politici, in Nederland per e-pos of op hul webwerwe met haatpos te dreig, is nie nuut nie, maar toe vyf jongelinge op een dag in Den Haag in die hof beland het oor verskillende politici wat onafhanklik van mekaar gedreig is, is die streep getrek.

Nicolaas V se saak trek die meeste aandag, aangesien sy slagoffer die gewilde, omstrede politikus Geert Wilders is. Nicolaas het glo vir Wilders die volgende bewoording gestuur: “F&^% idioot jij gaat bnnenkort dood.” Wilders is egter nie die enigste wat per e-pos minder as die beste toegewens word nie.

Volgens ‘n waarnemer het dié soort e-pos sedert 2005 begin toeneem, en veral sedert Pim Fortuyn en Theo van Gogh vermoor is, word dit baie ernstig opgeneem. Ook op plaaslike regeringsvlak word dit ‘n probleem met twee derdes van die burgemeesters en raadslede wat al gedreig is.

Die polisie in Den Haag het nou selfs ‘n spesiale eenheid, Team Bedreigde Politici. Verlede jaar is 424 gevalle aangemeld, waarvan Wilders in 292 gevalle die slagoffer was.

Nou, met die vyftal, wil die Openbare Ministerie die streep trek. Die woordvoerder, Nicolette Stoel, sê dat die ministerie hierdie soort bedreigings nie sal duld nie.

In die verlede was vonnisse baie uiteenlopend. In 2007 is ‘n vrou wat Wilders met ‘n e-pos verwilderd probeer laat het, ‘n jaar tronk toe gestuur. ‘n Man wat ‘n paar soortgelyke e-posse aan die Amesterdamse burgemeester, Job Cohen gestuur het, is egter net met 500 Euro’s beboet.

 

fish partyпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae