Staatsinstellings slurp R243 miljard op

Die afgelope vier jaar het die regering R188,67 miljard vir Eskom, R6,7 miljard vir die Landbank, R8,82 miljard vir Denel, R5,2 miljard vir SAL, R4,46 miljard vir die korrelbedkernreaktorontwikkeling, R2,23 miljard vir die SAUK, R1,54 miljard vir die Poskantoor en R953 miljoen vir Sentech van belastingbetalers se geld bewillig.

Die genoemde instellings in staatsbesit het alles tesame reeds R243 miljard opgeslurp.

Dit het tydens ‘n parlementêre antwoordsessie aan die lig gekom.

Die wetgewing wat sulke instellings reguleer, naamlik die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en die Maatskappyewet, verkeer glo tans in botsing met mekaar omdat die Wet op Openbare Finansiële Bestuur die regering as aandeelhouer toelaat om bestuur aan te wys en in te meng in besluite rakende afdankings.

Dit is egter nie seker of hierdie wetgewing hersien sal word om politieke inmenging te stuit nie, aangesien me Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, geen aanduiding kon gee of dit beoog word nie.

 

social mediaлобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae