Tshwane: Minder diens, meer lenings

Die Vryheidsfront Plus het by vandag (Donderdag, 26 November 2009) se vergadering van die Tshwane-metroraad, gesê dat die ANC ‘n ernstige fout maak deur dienslewering af te skaal en verdere lenings aan te gaan in hulle poging om die huidige finansiële krisis in die munisipaliteit te hanteer.

In ‘n verslag van die raad word daar deur die Regsdienste Departement gewaarsku dat die besparings wat op departemente afgedwing word, tot onbevredigende dienslewering kan lei en dit hou vir die munisipaliteit ‘n risiko in op regsgronde.

Die metroraad vra ook toestemming om ‘n bedrag van meer as R1.3 biljoen te leen ten einde bestaande kapitaalprojekte te finansier. Die metroraad se langtermynskuld het in die 2008/2009 finansiële jaar vanaf R2.7 biljoen tot R4.2 biljoen vermeerder terwyl die stad se debiteure vanaf R3.5 biljoen tot R3.9 biljoen vermeerder het. Die stad se korttermynskuld staan op meer as R1.2 biljoen. Slegte skuld het meer as verdubbel vanaf ‘n geskatte R131 miljoen tot R326 miljoen skuld wat afgeskryf is.

Volgens mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-raadslid, lê die oplossing van die huidige finansiële krisis en kontantvloeiprobleme nie in verminderde dienslewering en groter skuld nie, maar in die effektiewe invordering van munisipale gelde.

“Die stad se finansiële siekte kan nie beveg word deur die pasiënt se ledemate af te kap nie. Die ANC kies ‘n absurde oplossing vir die finansiële probleme, naamlik minder dienslewering en verdere lenings. Dit lei tot ‘n bose kringloop wat tot die inploffing van die raad se werksaamhede kan lei”, het van Rensburg gesê.

Swak beleid, lamsakkige toepassing daarvan en ʼn totale onvermoë om die stad se finansies te bestuur, is die wortel van hierdie kwaad. Die ANC is nou besig om te maai wat hy gesaai het. Radikale transformasie, regstellende aksie en swak en korrupte bestuur is nou besig om hulle tol te eis.

Die VF Plus het die lening in die raadsvergadering teengestaan.

 

ролики ценаФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae