Ongelykheid neem toe in SA

Die verdeling van rykdom in Suid-Afrika is nou meer ongelyk as ’n dekade gelede, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede, Saira, Donderdag gesê.

“Dit kan ’n onbedoelde gevolg van die land se swart ekonomiese bemagtiging- en diensgelykheidbeleidsrigtings wees,” het Kerwin Lebone, navorser by Saira, gesê.

Dit is volgens die sogenaamde Gini-maatstaf, wat in die afgelope dekade van 0,64 tot 0,66 gestyg het in Suid-Afrika.

Die Gini-skaal meet die vlak van rykdomverspreiding.

Nul verteenwoordig perfekte gelykheid, terwyl ’n telling van een perfekte ongelykheid voorstel.

Die meeste ontwikkelde lande het tellings van tussen 0,20 en 0,40.

Die meerderheid rassegroepe in Suid-Afrika kon ’n verhoging in hul Gini-telling oor die afgelope tien jaar waarneem, wat beteken dat die verdeling van rykdom meer ongelyk geword het.

“Die Gini-koëffisiënt van blankes het tussen 1998 tot 2008 van 0,50 tot 0,46 gedaal,” het Lebone gesê.

Die Gini van swartes het met 7% gestyg, en tussen Indiërs en bruin mense met byna 4%. Die Gini was bo 0,6 in alle provinsies in Suid-Afrika, met die grootste gaping tussen armes en rykes in KwaZulu-Natal en Mpumalanga en die kleinste gaping in die Wes-Kaap.

 

silver wedding jewelry setsлобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae