Koerantwese in Nederland steeds in owerheidsvisier

‘n Vorige Belgiese premier, Yves Leterne, het by geleentheid die vrye pers die vierde, maar nie-amptelike, been van die demokrasie genoem.

Dat koerante te midde van die ekonomiese klimaat, maar ook ander veranderende omstandighede, noustrop trek, het dus by verskeie Wes-Europese lande die bewindhebbers aan die dink gesit.

Dit was veral om opnuut ‘n leeskultuur, en spesifiek ‘n koerantleeskultuur, by jonges te herstel wat die kopkrappery aan die gang gesit het.

Kort na mekaar het die Nederlandse en Franse staatshoofde die gedagte geopper om reëlings in te stel wat daarop sou neerkom dat jong mense vir ‘n bepaalde tyd gratis ‘n koerant van hulle keuse sou ontvang. So is gehoop, sou die leeskultuur reeds gevestig wees, en die jong mense darem minstens weet wat aangaan.

(In Suid-Afrikaanse terme, sou ‘n mens in die versoeking wees, sou die kiesers darem weet wat in die werklike wêreld buite die sepie-wêreld aangaan).

Die jongste inisiatief van die Nederlandse minister van Mediasake, mnr. Plasterk, is om koerante ‘n subsidie te betaal om jong joernaliste “aan te neem.” Jong joernaliste kry moeilik werk, en is ook gou om die trekpas te kry as afleggings plaasvind.

Sy planne pla ander sterk en hy kry die wind van alle oorde behalwe Groen-Links.

Die vrese is dat gevestigde en gesoute joernaliste in die slag kan bly om plek te maak vir staatsgesubsidieerde jonges.

cluedo onlineФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae