Optog in Boshof ruk hand uit

Die polisie se misdaadbekampingseenheid moes skokgranate en rubberkoeëls Donderdag in Boshof gebruik toe ’n protesoptog gewelddadig geraak het, het die Volksblad berig.

Die gemeenskap eis dat die munisipale bestuurder, burgemeester en al die raadslede onmiddellik bedank.

Polisielede het op ’n skare losgebrand toe hulle die Tokologo-munisipale kantore op die dorp met klippe bestook het. Die skare het daarna die ingangspad na die Seretse-woonbuurt met klippe en brandende motorbande versper en die polisie moes weer ingryp.

Die oproer het gevolg nadat ’n protesoptog teen swak dienslewering.

Die optog is deur besorgde gemeenskapslede en die dorp se belastingbetalersvereniging gereël.

Johan Bezuidenhout, voorsitter van die belastingbetalersvereniging, sê die doel van die optog was om die aandag te vestig op die verval van strate, tekort aan geskikte behuising en die swak diens by die munisipale kantore.

Volgens Bezuidenhout is munisiple personeel byna nooit beskikbaar nie, poste word gevul word sonder dat dit geadverteer word en die meubels van die stadsaal het alles verdwyn.

Vier mense is in hegtenis geneem en het later in die Boshofse landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en saakbeskadiging.

 

free gamblingОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae