Sowat 20 mense, insluitend ’n polisieman, is beseer toe betogers in Diepsloot skielik geweldadig geraak het.
“’n Groep van sowat 100 mense het die strate versper en klippe gegooi,” het inspekteur Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, gesê.
Inwoners het reeds sedert 08:00 Donderdag buite die munisipale kantore in Diepsloot saamgekom en betoog.
Sowat ‘n uur later het dinge glo begin geweldadig raak.
“Die polisie het van rubberkoeëls gebruik gemaak om die skare te probeer beheer,” het Olivier gesê.
Twintig mense en ‘n polisielid is beseer. Sowat 13 betogers is in hegtenis geneem vir openbare geweld en sal Vrydag in Pretoria in die landdroshof verskyn.
