praag.co.za

Swartes boos oor Vogue-foto’s

Die Franse tydskrif Vogue het onlangs weer ‘n herrie veroorsaak nadat hulle foto’s van die Nederlandse model Lara Stone gepubliseer het waarin die natuurlik blonde meisie se vel swart gemaak is.

Nie lank gelede nie, het Vogue gespog met foto’s van rokende swanger vroue en modelle wat soen met bloed wat uit hulle monde loop, maar hierdie keer is die vet in die vuur.

Die nuutste fotosessie wat deur die tydskrif se ou redakteurshand, Carine Roitfeld gestileer is en die foto’s deur Steven Klein, het die modewêreld aan die gons.

Die twee word op toonaangewende webwerwe van kulturele ongevoeligheid beskuldig.

“Wat Klein en Roitfeld moet weet is dat dit afstootlik is om wit mense swart te verf vir die vermaak van ander wit mense op ‘n manier wat verwyder staan van kulturele konteks,” het een werf gesê.

“Iets omtrent die gebaar om ‘n wit vrou swart te verf moet die alarm laat afgaan, iewers.”

Dominique Sopo, president van die Franse organisasie SOS Racisme, sê selfs al was die fotosessie nie met rassistiese bedoelings geskiet nie, was dit definitief “taktloos”.

Hy het gesê die wêreld van beelde – advertensies, modes, ens – “betaal nou vir die lang tradisie om nie swartes toe te laat om hulle lywe in die openbaar te vertoon nie”.

Die Franse Vogue is nie bewus van die kontroversie nie en werknemer Roitfeld asook Stone se agente by die IMG modelagentskap in New York en Paris wou nie kommentaar lewer nie.

 

чистка пескоструйным аппаратомДанильченко Юрий отзывы

Comments

Leave a Reply