Onderwysstelsel moet hersien word

Die Vryheidsfront Plus sê die feit dat slegs 17% (169 uit 995) eerstejaar chemie-studente aan die Universiteit van Pretoria hul eerste semestertoets geslaag het, is `n eerste bewys dat uitkomsgebaseerde onderwys matrikulante gefaal het.

Die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor onderwys, mnr. Willie Spies, het verlede jaar op 29 Desember 2008 met die bekendmaking van die matriekuitslae gewaarsku dat die ware toets vir die regering se uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) nie soseer die matriekuitslae sal wees nie, maar eerder die prestasie van dié matrieks op universiteite en in die werkplek.

Beeld het verlede week onthul dat slegs 17% van eerstejaar chemie-studente hulle eerste semestertoetse geslaag het.

Vanjaar se matrieks is die eerste groep wat hulle hele hoërskoolopleiding binne die konteks van UGO voltooi het.

Volgens mnr. Spies bestaan daar baie vrae oor die sukses van die regering se UGO en dat die matriekuitslae nie werklik `n aanduiding van die sukses of mislukking van die stelsel en regeringsbeleid gaan wees nie.

Hy sê die feit dat die registrateur aan die UP, prof. Nick Grové, reeds aangedui het dat dié eerstejaarsgroep meer ondersteuning geniet as die vorige groepe beteken dat die onderwysstelsel in sy geheel hersien moet word.

“Ons kan nie toelaat dat ons kinders op skool as proefkonyne gebruik word en dan nie die mas opkom op universiteit nie. Daar moet dringend weer na uitkomsgebaseerde onderrig gekyk word voor dit te laat is”, het Spies bygevoeg.

купить детские ролики киевданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae