Regering pootjie koringboere

Enige hoop dat die regering die worstelende koringbedryf 'n hupstoot sal gee, is nek omgedraai.

Nie net weier die regering om koringboere die nodige beskerming te gee nie, maar boonop het die Internasionale Handelsadministrasie Kommissie (IHAK) die twee persent invoerbelasting op koring afgeskaf.

Die kommissie voer aan dat dié stap daarop gerig is om "vrye handel en verbruikers ewe veel te versterk met die huidige koringprys."

IHAK sê hulle het geen regverdiging vir hoër belasting op koring en koringmeel gevind nie, as gevolg van die hoë internasionale koringprys. In plaas van die twee persent invoerbelasting, is 'n voorwaardelike tarief van 1999 heringestel.

Die tarief word slegs van krag indien die koringprys onder R1,619 per ton daal.

Die Oos-Vrystaat se koringoes, een van die belangrikstes in die land, sal vanjaar weens laat reën na verwagting die swakste in dekades wees. Sonder regeringsingrype sal talle saaiboere hulle plase moet opgee.

лучший арт прицелФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae