SAOG ‘eenparig’ oor behoefte aan Zim-eenheidsregering

Image

SAOG-lande

Die SAOG het "eenparig besluit" dat 'n regering van nasionale eenheid in Zimbabwe aangestel moet word teen 13 Februarie, het 'n beampte Dinsdagoggend gesê

Die SAOG-uitvoerende sekretaris Tomaz Salomao het omstreeks 05:30 aan media  gesê dat alle partye saamgestem het dat die eerste minister en adjunkeersteminister op 11 Februarie ingesweer sal word.

"Die minister en adjunkministers sal op 13 Februarie ingesweer word, wat die aanstellingsproses van 'n inklusiewe regering sal afhandel."

Zimbabwiese politieke partye sal die parlement sover kry om die konstitusionele veranderinge vir 'n magsdelingsooreenkoms goed te keur teen 5 Februarie, het Salomoa gesê.

Die aankondigings kom ná 14 ure van gesprek wat daarop gemik was om weer lewe in die magsdelingsooreenkoms, wat in September deur president Robert Mugabe en opposisieleier Morgan Tsvangirai onderteken is, te blaas.

Die buitengewone beraad is saamgeroep primêr met die doel om die politieke dooiepunt in Zimbabwe te bespreek.

Staatshoofde van Botswana, Namibië, Madagaskar, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe, en senior afgevaardigdes van die 7 ander SAOG-lande het hulle regerings verteenwoordig. 

apk gratisФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae