‘n Vrou en moeder van drie jong dogters is Woensdagmiddag op ‘n plaas naby Hartbeespoort in Noordwes vermoor.
Sy is vermoedelik oorval kort voordat sy haar kinders by die skool sou gaan haal het.
Verskeie steekwonde is aan haar lyk opgemerk waar sy buite die huis gevind is.
Die polisie het glo die toneel vir leidrade gefynkam tot in die vroeë-oggendure, het Netwerk24 berig.
Die vrou was ‘n weduwee. Haar naam is nog nie bekend gemaak nie. Sy het na die afsterwe van haar man twee jaar gelede, alleen met haar dogters in hul huurhuis op die plaas in die Rietfontein-omgewing gewoon.
Hul huis was afgeleë, weg van ander wonings op die plaas.
Die drie kinders is glo tans in veilige sorg van vriende.

Rus in vrede… Alle sterkte vir die kinders… Ai toggie, dit is so hartseer. Eers verloor hulle hul pa en nou so grusaam hulle ma…. 🙁
Ons bloei dood en ons vra nie hoekom nie , ag ons , onsself so goedkoop???