Skietgeveg op Krugersdorpsnelweg vanoggend

Drie vermeende motordiewe is verwond in ‘n skietgeveg vanoggend op die N14 tussen Krugersdorp en Pretoria, volgens ‘n polisiewoordvoerder.

Volgens kaptein Kay Mkhubela het die polisie die diewe by die Total-petroport tussen Diepsloot en Lanseria op die N14 ingewag, nadat hulle inligting ontvang het dat ‘n gesteelde voertuig van die Oos-Transvaal na Pretoria onderweg was.

 

Toe hulle die voertuig probeer voorkeer, het die drie mans probeer wegkom, waarna ‘n skietgeveg losgebars het.

‘n Woordvoerder van Emer-G-med, Max Cohen, sê dat een van die beweerde kapers ernstig beseer is toe hy in die bors geskiet is. Sy medepligtige is in die been gewond.

Die derde verdagte het ‘n ligte vleiswond aan die been opgedoen en is nie hospitaal toe geneem nie. Die gesteelde bakkie is in die veld gevind.

Volgens Makhubela het die polisie ‘n blou lig, asook twee ongelisensieerde wapens tesame met die gesteelde voertuig gevind. Al drie die boosdoeners is in hegtenis geneem. Die twee beseerdes bevind hulle onder polisiebewaking in die hospitaal.

‘n Saak van moord, die besit van ‘n gesteelde voertuig, asook ongelisensieerde wapens is aanhangig gemaak.

3 thoughts on “Skietgeveg op Krugersdorpsnelweg vanoggend”

  1. Mooi so, die rakkers is gevang – nou die probleem, – hulle ontvang top mediese behandeling op my en jou onkoste. Dan ook word hulle sommer vinnig-vinnig weer vrygelaat. Verder is hierdie wildewesteskietery lyk my nou aan die orde van die dag – so ‘n ruk gelede hier in ons omgewing was daar ook so ‘n wilde skietery met outomatiese wapens. ‘n Onskudige bystander wat in die omgewing bly is gedood in die voorval.

  2. En wie is dit wat duisende vuurwapens onwettig onder die swart bendes versprei het.?
    Nie die Juice nie neee ook nie die Illuminatie nie neeee ook nie Soros nie wieweet? , ook nie die geldmag nie neeee. Ook nie EFFERs nie ook nie die SAKP nie en die ANC PAC nie en ook nie ISIS nie oooo neee

    Neee dis Kolonel Prinsloo oud SAP.
    Sy misdaad maak van hom die grootste massamoordenaar in ons geskiedenis slegs oortref deur wapengraad verrykte FW.

    Daar is reeds 1800 + boere daarmee vermoor en nog duisende ander. Sprake van 70000 moorde sedert sy projek begin is ongelooflik erg – reg of verkeerd?

    Terwyl die wêreld gaande is oor Oscar se besetenheid toe sy kop van ketoolsgeit uitgehaak het .
    Sopas is 5 polisie in Dallas doodgeskiet selfde manier as Kennedy.

    Soos die ding wat ek gekry het:
    ‘Election or erections — no difference in the screwing’

Maak 'n opvolg-bydrae