Duisende stap in anti-Israelse betoging in Kaapstad

Duisende betogers het Donderdag na die parlement in Kaapstad geloop om te vra dat Israel sy offensief in die Gasastrook teen die Palestyne staak.

"Suid-Afrika, die koeëls en bomme wat jy verkoop aan Israel maak onskuldige babas dood in Palestina!" het een plakkaat gelui wat deur 'n betoger omhoog gehou is.

Die organiseerders van die betoging, die Workers Internasional Vanguard League  (WIVL), het 'n memorandum aan die adjunkminister van buitelandse sake, Sue van der Merwe, oorhandig buitekant die hoofhekke van die parlement.

Die dokument doen onder andere 'n beroep op die parlement om die Israelse ambassadeur in Suid-Afrika uit die land te sit en verder word daarin vir sanksies teen Israel gevra.

Israel se veldtog teen Hamas-militante in Gasa en die dood van burgerlikes wat in die gevegte betrek word, het protes regoor die wêreld laat posvat.

Volgens die kort verklaring wat Woensdag deur die WIVL vrygestel is, was die opmars uit protes teen die volksmoord in Gasa, sowel as die medepligtigheid van Suid-Afrika en Amerika omdat hulle toelaat dat wapens en onderdele na Israel toe uitgevoer word.

Vele van die betogers, wat deur polisie op meer as 3 000 geskat is, het T-hemde gedra wat gedruk was met die slagspreuke: "Sanksies teen Israel nou" en "Staak die slagting in Palestina".

Van die boodskappe wat gesien is op plakkate in die betoging was: "Hitler het hulle geleer" en "Hamas, ons salueer jou".

Hordes polisie het 'n wakende oog gehou oor die protes, wat om 13:00 vreedsaam uitmekaar gegaan het.

насосные станции педроллоДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae