Die Sol Plaatje munisipaliteit in Kimberley het ‘n waarskuwing uitgereik oor mense wat hulle as munisipale amptenare voordoen en elektrisiteitsbesparings apparate verkoop.
Sol Plaatje woordvoerder Sello Matsie sê die verkopers van dié apparate, waarvan die toerusting nie een dieselfde is nie, oortuig inwoners dat hulle toestel die huiseienaar baie geld sal bespaar.
Matsie sê bejaarde inwoners word geteiken deur die vals amptenare.
Verder sê hy is daar reeds vasgestel dat inwoners met sowat R25 000 reeds ingeloop is.

Daar is nie pille op die mark vir domgeid nie. Jy kry die “energy savers” ook te koop by Chinese winkels reg deur die land. Mense die goed werk nie. Kos jou ‘n klomp geld, en gaan net mooi niks aan jou krag rekening doen nie. Hier is nie genoeg spasie om die hele “teorie” agter die idee te verduidelik nie, maar glo my daardie boksie wat jy te duurste koop om krag te spaar gaan niks, maar niks geld bespaar nie.
Just like continuing to vote for the ANC will achieve nothing – stupid is as stupid does!
Van hierdie maters bel my ook so 1x per jaar en probeer ‘n ding bekend as ‘n “power factor corrector” aan my smous. Dit klink heel geloofwaardig tot jy vir jouself vra: Waarom het Eksdom dit nie verpligtend gemaak nie? Dis ‘n slenter.
http://www.nlcpr.com/Deceptions1.php