SA is een nasie met een toekoms ? DA

Image

Helen Zille

Suid-Afrikaners is een volk met een toekoms, het DA-leier Helen Zille gesê in die party se Versoeningsdagboodskap.

Zille het gesê die DA het sy toewyding hernu om die verdeeldheid van die verlede te oorkom en 'n oop gemaanskap wat gewortel is in liefde vir diversiteit daar te stel vir almal.

"Vandag (Dinsdag) is een van die belangrikste vakansiedae in ons land, omdat dit simboliseer hoedat 'n nasie verby sy verskille kan werk, hoe 'n land die vooruitgang kan vier wat gemaak is na eenheid toe en om 'n beter toekoms vir die land se mense daar te stel."

"Dit is 'n dag waarop ons na die verlede kyk en onsself daartoe verbind om sy negatiewe nalatenskap te bowe te kom."

"Ons kan Suid-Afrika in 'n veilige, welvarende, vrye gemeenskap verander waar elkeen die geleentheid het om sy drome te bereik, ten spyte van die omstandighede waaronder hulle gebore is," het Zille gesê.

Oor die laaste 14 jaar is baie gedoen om 'n verenigde Suid-Afrika daar te stel, maar terwyl die land sy mylpale vier moet die burgers die uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het onthou, uitdagings wat eenheid bedreig het.

Misdaad, werkloosheid, armoede, en MIV/Vigs bedreig die samhorigheid van die samelewing en ons moet almal 'n hernude verbintenis toon om die uitdaging aan te pak, aangesien dit eers is wanneer daardie sake aangespreek is dat ons kan praat van Suid-Afrika as 'n verenigde en versoene nasie."

"Ons moet 'n breër en inklusiewe Suid-Afrikanisme kultiveer wat gebaseer is op gemeenskaplike burgerskap eerder as ras en etnisiteit. Ons moet die tipe gemeenskap skep waar mense vry van vrees, ekonomies produktief, opgelei en gesond kan lewe."

As die mees diverse politieke party in die geskiedenis van Suid-Afrika, was die DA trots op die rol wat dit gespeel het in die daarstel van 'n verenigde nie-rassige gemeenskap.

"Ons is trots  op die beleid wat ons ontwikkel het om lewe in die idee van 'n oop geleentheidsgemeenskap te blaas," het Zille gesê.

"Ons moet altyd onthou dat daar meer is wat ons saambind as wat ons wegstoot. Laat ons nooit vergeet nie: Ons is een nasie met een toekoms."

раскрутка сайтаtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae