Swarte brand dood in Cullinan

Image'n 40-jarige man het doodgebrand in sy plakkershut in Cullinan, oos van Pretoria, het die polisie Sondag gesê.

Polisiewoordvoerder Johannes Japhta het gesê die voorval het plaasgevind in Refilwe-uitbreiding vyf teen 23:00 Saterdagaand.

Hy het gesê die man wat alleen gebly het was aan die slaap toe sy huisie onverklaarbaar in vlamme opgegaan het.

"Een van die bure het die vlamme gesien en die brandweer en polisie geroep. Die brandweer het vinnig gereageer en die brand geblus voordat dit kon versprei na ander hutte toe."

"Dit was te laat vir die slagoffer, wat toe reeds doodgebrand het," het hy gesê.

Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.

Volgens die polisie is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie en dit word ondersoek.

Hy het gesê dat die moontlikheid van weerlig nie uitgeskakel kon word nie, aangesien die weer stormagtig was teen daardie tyd.

'n Nadoodse ondersoek gaan gehou word.

free games slots casino downloadлобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae