praag.co.za

Karel Combrinck: Die A-woord!

Max Du Preez maak die bewering dat «wit Afrikaners» «ongemaklik» voel oor sg. Portugees-Maleisiese invloed op ons taal. Wat Portugees-Maleisies beteken, weet die hemel alleen. Of liewer, die hemel weet, bygestaan deur Max Du Preez.

Maar hierdie versinsel het ons reeds elders bespreek. Wat my persoonlik veel meer ongemaklik stem as vreemde invloede op ons taal, is die onophoudelike geteem oor apartheid, en veral apartheid soos dit deur linksdekadente propaganda aan die wêreld opgedis word.

Een van die onsinnighede wat herhaaldelik deur die linksliberale media kwytgeraak word, is dat apartheid ‘n vorm van nazisme sou wees, ‘n vergelyking wat, objektief beskou, net nie opgaan nie

Soos die Naziperiode vir die Duitsers, is apartheid nou eenmaal ‘n doring in die vlees van Afrikaners wat ons waarskynlik nooit sal kan verwyder nie, maar waaraan ons van tyd tot tyd net ‘n bietjie salf kan smeer. Benewens hierdie aspek en die feit dat daar oor die Naziperiode net soveel, of selfs meer, onwaarhede verkondig is as oor apartheid, is daar werklik weinig ooreenkoms tussen die twee stelsels.

Wat meer sinvol sou wees, is ‘n vergelyking tussen die gedragspatroon van die Duitse volk in die tydperk na die beëindiging van nazisme en dié van die Afrikanervolk na die bëeindiging van apartheid, want in daardie opsig is daar wel raakpunte.

Beide die Duitse en die Afrikanervolk het as verloorders uit die stryd getree. Beide probeer om werklike of vermeende onregte van die verlede goed te maak deur skuldgevoeloens, selfblaam, kruipery en boetedoening van allerlei aard en selfs ‘n mate van selfhaat. Maar daar hou die vergelyking ook op. Die Duitse volk het weens sy groter getalle en ‘n homogene bevolking minstens die kans gehad om as volk te herlewe, as hulle wou, terwyl die kanse vir die herlewing van die Afrikaner as volk so te sê nul is.

Miskien omdat dit moeilik sal wees om oor die Nazirekord veel positiefs te sê, uit watter oogpunt ‘n mens dit ook wil beskou, neem die Duitsers in die algemeen die houding in om hulle nie teen linkse propaganda te verdedig nie. Hulle het die krag, die kennis, die argumente en die finansiële vermoë om dit te doen en sou ‘n leierskapsrol kon speel om die versinsels van die linksliberale media hok te slaan, maar hulle verkies om dit nie te doen nie. Dis jammer.

‘n Paar jaar gelede het ‘n Duitsvervaardigde rolprent oor die tweede wêreldoorlog die rondte gedoen: Das Boot. U onthou nog? In ‘n stadium sing die duikbootbemanning «It’s a long long way to Tiperary». Matrose wat in die Naziperiode «It’s a long long way to Tiperary» op ‘n Duitse duikboot sing ! So reg na die hart van DimWim van Stellobotomie. En natuurlik, het die Duitse media in die na-oorlogse jare nogal kans gesien om ook hier en daar ‘n klip op apartheid te gooi, al is dit dalk net in ‘n poging om sodende in «respektabele» geselskap te verkeer.

Eersdaags verskyn nog ‘n Duitse rolprent getiteld, «Fritz Bauer, ‘n Duitse held». Die rolprent het die subtitel : «As jy jou land wil red, moet jy hom verloën». Die opsomming van die rolprent lui soos volg: In 1957 verneem regter Fritz Bauer dat Adolf Eichmann in Buenos Aires skuilhou. Die Duitse howe verkies om die aangeleentheid oor die hoof te sien. Fritz Bauer besluit om die Israeliese geheimediens, die Mossad, se hulp in te roep…

Het ons as Afrikaners al net so laag gedaal? Sekerlik staan Adriaan (vrotvisverstand) Vlok se
voetewasuitstappie en die heksejag op dr Wouter Basson nie ver terug nie.

Nazisme het ongekende lyding en ellende oor die Europese beskawing gebring wat met niks anders in die geskiedenis vergelyk kan word nie, behalwe miskien met die prestasies van Kameraad Josef Stalin en Mao TseDong. Dit gaan nie net om die lotgevalle van die Jode nie, hoewel dit die aspek is waaraan die linksliberale media die meeste aandag gee. Dit gaan oor ‘n beraamde 60 miljoen militêre slagoffers wat in hierdie bloedige stryd hulle lewens ingeboet het. As die slagoffers van oorlogverwante oorsake soos siektes en hongersnood bygetel word, is die syfer 80 miljoen. Duitsland self het ongeveer 10 miljoen mense verloor. Europa is deur hierdie rampspoedige oorlog op sy knieë gebring en militêr, polities en moreel, onherroeplik verswak sodat dit vandag weinig meer is as ‘n Amerikaanse skoothondjie. Die twee wêreldoorloë, maar veral die tweede, het inderwaarheid die siel uit Europa geruk.

‘Watter soort «apartheid» is dit wat swartes aankarwei na plekke waar hulle nooit tevore was nie, plekke waar hulle nou, op grond van hulle nambas alles opeis waarop hulle hulle hande kan lê?’

Tagtig miljoen slafgoffers. Daarenteen staan die syfer wat die linksliberales graag noem vir die aantal mense wat sedert sy ontstaan in 1948 tot met die oorgawe van 1994 «as gevolg van apartheid» dood is, op 30 000. Tydens die verhore van die Waarheids- en Versoeningskommissie van 1997 is getuienis deur die Menseregtekommissie (Human rights Commission-HRC) voorgelê dat tussen 1948 en 1989 toe die ANC amptelik «ontban» is en waarna daar nie meer sprake van apartheid was nie, 7 000 mense hulle lewens «weens apartheid» verloor het. In die tydperk na 1989 tot en met 1994, d.w.s. na die beëindiging van Apartheid is 14 000 mense in politiek verwante geweldpleging oorlede waarvan 95% die gevolg was van swart-op-swart geweld. Dit kan ook maar vergelyk word met die bykans 40 000 witmense wat sedert 1994 op plase en in stedelike gebiede vermoor is, maar soos dinge is, raak die wêreld nie juis daaroor opgewonde nie.

Duidelik was apartheid nie die skrikbewind wat anti-Afrikaanse propaganda die wêreld wou laat glo nie, in elk geval niks wat in graad of omvang met die Nazibewind vergelyk kan word nie. ‘n Boek sal nodig wees om die redes vir hierdie beeld omtrent die Afrikaner volledig te ondersoek. Sekerlik is onder die oorsake skynheiligheid, anti-Afrikanerpropaganda oor ‘n lang tydperk, veral deur die Engelse pers en die Engelse kerk, politieke muntslanery, sondeboksoekery, eie-gewete-sussery, perverse, sieklike en selfvernietigende humanisme, gedienstigheid aan modes en ideologie, afguns, ens, ens. ‘n Suksesvolle, witbeheerde staat midde-in Afrika was ‘n situasie wat die linksliberale engeltjies net nie kon toelaat nie

In teenstelling met sy drogbeeld het die Nasionale Partyregering toegelaat dat derduisende swartes vorige blanke gebiede binnesypel as plaasarbeiders, huisbediendes en wat nog. Watter soort «apartheid» is dit wat swartes aankarwei na plekke waar hulle nooit tevore was nie, plekke waar hulle nou, op grond van hulle nambas alles opeis waarop hulle hulle hande kan lê? Op die lang termyn was hierdie tweeslagtigheid van die Nasionale Partybewind ons ondergang. Die ondergang van apartheid was nie die onmenslikheid daarvan nie, maar die lukraak manier waarop dit toegepas is. ‘n Amerikaner het my op ‘n keer probeer beledig deur die apartheidsregering te beskryf as «a bunch of wonky Nazis». (Lamlendige Nazi’s). Die beskrywing was nie van alle waarheid ontbloot nie.

Vergeleke met die Westerse wêreld se moderne geskiedenis was apartheid inderwaardigheid ‘n gematigde stelsel. ‘n Belangrike aspek van die apartheidsbestel was dat dit, reëlreg in teenstelling met die Nazi’s, ‘n sterk Christelike onderbou gehad het. Miskien was dit nog ‘n paradoks van die stelsel, maar in elk geval, so was dit. Deur die geskiedenis het die Aftrikaners geglo, ten regte of ten onregte, dat hulle ‘n leierskapsrol en ‘n roeping gehad het om die Christelike beskawing na Suid-Afrika te bring. Hierdie is nog ‘n aspek wat deur die siniese linksdekadentes uitgebuit is : «Julle gee voor om Christene te wees, hoe kan julle al hierdie verskriklikhede pleeg ?» Of die Afrikaner onder enige verpligting verkeer het om die christelike, of enige ander beskawing na die swartes te bring, is ‘n ope vraag. Te oordeel aan die huidige situasie by Suid-Afrikaanse universiteite, het hulle in elk geval hulle tyd gemors.

Ook is dit eienaardige «Nazi’s » wat honderdduisende huise vir swartes landswyd opgerig het. Die huise was ekonomies en eenvoudig, maar was ligjare meer menswaardig as die sinkplaatkrotte wat oor die afgelope dekades op die Kaapse vlakte verrys het, die trotse monument van die ANC-regime wat eufories deur die dekadente Westerse wêreld besing word. Hospitale en klinieke is ook landwyd opgerig waaronder bv. die Baragwanathhospitaal in Soweto, die derde grootste hospitaal ter wêreld. Dieselfde geld derduisende skole vir swartes wat oor die hele Suid-afrika verskaf is, asook ‘n halfdosyn universiteite. Daarbebewens het die apartheidsperiode ‘n reusagtige bydrae gemaak om die land te ontwikkel van ‘n piesangrepubliekie in 1948 tot ‘n moderne nywerheidsland wat werksgeleenthede en ‘n heenkome gebied het aan miljoene.

Die universiteite is ‘n goeie voorbeeld van’n geval waar die Afrikaner gepoog het om ‘n konstruktiewe rol te speel op christelike grondslag en waar hulle inteendeel meegehelp het om hulle eie graf te grawe. So ‘n fout sou die Nazi’s nie maak nie. Die swart universiteite het mettertyd, so te sê sonder uitsondering, tot broeikaste van die rewolusie ontwikkel. Aan die Universiteit van Fort Hare alleen het Nelson Mandela, Robert Mugabe, Oliver Talmbo en Chris Hani gestudeer. Die Universiteit van die Weskaap het met verloop van tyd ontaard in ‘n volbloednes van kommunistiese ondermyning, maar tog het die universiteit, apartheid se skepping, in die apartheidsjare waarskynlik ‘n hoër akademiese standaard gehandhaaf as die Universiteit van Stellenbosch vandag. Maar dit sê natuurlik nie veel nie.

Comments

9 responses to “Karel Combrinck: Die A-woord!”

  1. Vrystaat Avatar
    Vrystaat

    Gaan laai gerus die boek by die skakel af. Daar word presies vertel hoe on Afrikaners gebreinspoel en verraai is https://archive.org/details/DIEDERDEVRYHEIDSOORLOGWOED…ONSKANWEN.#mode/2up

  2. jan Avatar
    jan

    Uiters belangrike tamaletjie om aan te kou.
    .
    Verwoerd was NIE ‘n Nazi nie – verseker nie.
    Vorster was ‘n veroordeelde Nazi. en sy NI span AWB was absoluut seker Nazis met vlag en al.

    Apartheid van Verwoerd en sy moordenaars was totaal verskillend.
    Verwoerd se Veelvolkige Christen demokrasie is vervang deur ‘n Wit minderheidsdiktatuur en alby word apartheid genoem.

    Arme arrne Siener V Rensburg het in sy traumatiese psigose gedroom dat ons deur die Duitsers gered sal word. So dis ‘n laaaang sielkundige band. van ‘n Boerevolk wat mal geword hget van verdriet… wanneer daar nie meer trane was nie.

    Maar die GPI Breinsifilis Nietzche was baie meer mal as die meeste in Falkenburg….En die wat hulself as slim beskou het Nietzche meer gelees as die Bybel. Ook hier op PRAAG.

    Maar die boom word aan sy vrugte geken en Verwoerd se apartheids vrugte was onvergelyklbaar vredevol en voorspoedig. Sy moordenaars se Nazi Apartheid was ‘n ramp vir almal.

    Laat ons wreed eerlik wees oor die kernkwessie.

  3. Regverdigheid Avatar
    Regverdigheid

    Ons moes net daai tyd toe ons die britte uit gejaag het na ons oorspronklike republieke toe gegaan het wat basies 90 % van die land gewees het en die res in hulle tuislande gelos het soos wat oorspronklik gewees het dan sou ons nie eens naastenby soveel probleme gehad het nie.die weskaap en noordkaap was nog voor die britse tyd ons sn gewees en daarna was die meeste van ooskaap en toe later natal,die vrystaat en die meeste van die noorde van die land. Ons moes hulle oorgelaat het aan hulle lot en nou byt dit ons aan die sterte!!!

    1. Mens Avatar
      Mens

      moes, dan en as, als verlede tyd…ja…die ouer garde het te veel met die Bybel geloop en te min geskiet. wat gaan ons vandag doen?

      1. Regverdigheid Avatar
        Regverdigheid

        Ons moes soos ons voorouers van die boere oorlog se tyd af nogsteeds met die bybel in die een hand en met die mauzer in die ander hand geloop het.maar als werk tog sover uit wat oom siener gese het in die boek van die boodskapper van God. Als kom van ons vyande se kant af,ons moet net wag vir die aanval van hulle kant af en dan is ons vyande deel van ons geskiedenis. Ons moet net leer uit ons verlede en seker maak mens maak nooit ooit weer dieselfde foute nie en eis die grond op wat regtelik ons sn is,en nie meer ons sn is hulle sn nie.

  4. jan Avatar
    jan

    Ons het nou ‘all-part-hate’ in Tsafendastan

  5. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Misschien mag of moet er nog even fijntjes verwezen naar een overeenkomst in het diffameren/demoniseren door bolsjewisten van de regering van Tsaar Nicolaas II.
    Rusland voor 1917 voerde bergen graan uit, benaderde Duitsland en Engeland met bv. de ijzerproductie enz.

    En…… er was vrijheid van religie, vereniging, pers en bescherming van privaateigendom.
    Zelfs de vòòr 1917 moordende en rovende bolsjewiki mochten en konden nog her en der ‘vergaderen’.
    Hoe het daarmee verging na oktober 1917 kunt u lezen in werken van Alexander Solzhjenitsyn.

    Tot de dood van Cheka beul Felix ‘uitmuntowitch’ Dzerzkinsky in 1926 presteerde hij het onder Lenin en Stalin o.m. met Genrikh Yagoda naar schatting 10 miljoen mensen uit te roeien !
    Daarna ging beste brave Genrikh Yagoda verder en met Lazar/Lazra/Lazarus Kaganoviach konden in de Holodomor, waarbij op industriële schaal als nooit eerder werd gemoord en doodgehongerd, nog eens miljoenen Oekraïne Christenen ‘tot de orde worden geroepen’.

    Maar Genrikh kreeg de zwarte Piet m.b.t. Zinoviev en Trotsky en werd op kenmerkende wijze vervangen door bloederige dwerg Nicolai Yeshov. Ook weer ‘goed’ voor miljoenen doden nog voor WOII.

    Maar toen kwam Stalin lieveling Lavrenti Beria, die tussen het mishandelen en castreren van zijn lijfgarde aan schandkapen, de reeds grotendeels uitgemoorde SU door WOII mocht slepen en ook nog eens meer onder de ‘eigen’ rangen kon uitmoorden dan de Duitsers.

  6. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Afrikaners voel meer ongemaklik oor slaprug jellietot mMax se invloed op die taal.

  7. Rooikop Avatar
    Rooikop

    “No good deed will go unpunished”

Leave a Reply