Ten minste 36.000 spookwerknemers kos Noordwes R19 miljard aan salarisse, het die ANC in die provinsie, Woensdag gesê.
“Hierdie spookwerknemers is ongemerk en put die karige jaarlikse salarisbegroting uit,” sê die provinsiale sekretaris Dakota Legoete.
Noordwes se premier Supra Mahumapelo het die syfer van 36.000 spookwerkers by ‘n vergadering van Skoor Woensdag bekendgemaak.
Legoete sê Mahumapelo se onthullings sal Noordwes se regering miljoene rande spaar.
Die DA het met skok gereageer en was klaarblyklik nie bewus van die spookwerkers nie, alhoewel hulle daarvoor gesorg het dat konsultante nie meer aangestel word nie.
Die spookwerkers ontvang glo pensioenvoordele en mediese fondse.

jacob en sy kaders word oornag biljoeners,en ons betaal vir die gelag
Die DA se agente gaan nie meer geld vir mahala kry nie, sjym.
Hoe word ‘n ou so ‘n spook? Is hy deursigtig, Wit of swart?
En die een ou spook was vet
Ho Ho
en die ander ou spook was maer
Ha Ha
Hulle sit daar in die donkermaan, die hele spul bymekaar……
As die president goed kan vat wat hom nie toekom nie, hoekom nie hulle ook nie? (Sarkasme nou af)