Samesprekinge oor onwettige grondbesetting in Kathu

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in die Noord-Kaap voer samespreking met die Gamagara-munisipaliteit se bestuur oor onwettige grondbesetters naby Kathu.

Dit kom nadat meer as 1000 huishoudings in Mapoteng naby Kathu uitgesit is. Sowat 1200 plakkershutte is in Julie afgebreek.

LUR Alvin Botes sê die regering wil verseker dat die meerderheid van hul grond nie onwettig beset word nie.

Daar is ‘n hangende appèl-aansoek by die Bloemfonteinse appèlhof nadat ‘n regter in Kimberley vroeër beslis het dat die onwettige besetters verwyder moet word van die grond.

Die grondbesetters beweer hulle is onregmatig van die grond afgesit.

One thought on “Samesprekinge oor onwettige grondbesetting in Kathu”

  1. Nou wat nou grond word dan beset met die goedkeuring van die
    ANC nog erger die ANC wil sommer boere se grond afneem – is daar n ander stel
    reëls vir die ANC se stemvee as vir hulleself? En waar het die ANC die grond gekry wat hulle sê hullesin is?

Maak 'n opvolg-bydrae