’n Oliemaatskappy onder voorsitterskap van ’n voormalige leier van die Britse konserwatiewe party, word vir beweerde korrupsie in Somalië ondersoek.
Soma Oil and Gas, ’n private maatskappy waarvan lord Michael Howard die voorsitter is, het Maandag ontken dat die maatskappy ’n halfmiljard Amerikaanse dollar aan regeringsamptenare in Somalië betaal het om ’n olie-eksplorasieooreenkoms te beskerm.
Brittanje se kantoor vir ernstige bedrog het Vrydag ’n kriminele ondersoek na Soma begin.
Die bewerings spruit uit ’n ondersoek wat deur die Verenigde Nasies se monitorgroep in Somalië en Eritrea van stapel gestuur is.
Die monitorgroep is gestig om skendings van wapenembargo’s in die lande te rapporteer.

Die “queen” en haar springkane, hoe dan nou anders?