Binnekort dalk goedkoop mediese skemas vir lae-inkomstewerkers

Die Raad op Mediese Fondse mag mediese skemas toelaat om produkte vir die lae-inkomstemark te loods, is gister by ‘n konferensie van die Gesondheidsorgbefondsers bekendgemaak. Maar sulke skemas sal nie voorsiening vir opname in privaathospitale of versorging in noodgevalle maak nie.

Sulke goedkoop mediese skemas, wat so min as R200 per maand per persoon mag kos, sal slegs drie jaarlikse besoeke aan ‘n algemene praktisyn, basiese tandheelkunde en oogkunde, asook eenvoudige patologie en radiologie, insluit. Dit is van die voorstelle wat mediese skemas en administrateurs aan die Raad op Mediese Fondse voorgelê het.

Tans word slegs 8,7 miljoen mense deur mediese fondse gedek, met ongeveer 6 miljoen mense wat in formele diens verkeer wat nie die hoë fooie kan bekostig nie. Indien die nuwe voorstelle goedgekeur word, sou dit die aantale lede van mediese fondse tot 15 miljoen laat styg. Die Raad het 12 sulke voorstelle van mediese fondse ontvang, wat tans oorweeg word.

Volgens die hoof van Universal Health, Johan Pretorius, kos dit tans R600 per maand per persoon om die minimum voordele wat deur die wet voorgeskryf word, aan ‘n mediesefondslid te verskaf. Daarom sal die mediese fondse kwytskelding van die raad moet ontvang om die goedkoper produkte te kan verskaf.

8 thoughts on “Binnekort dalk goedkoop mediese skemas vir lae-inkomstewerkers”

  1. weer toekomstige ‘groene weides’ voor moordende ‘vakbonden’ en toverdokters met de botte bijl etc. en Cubaanse artsen voor een appel en een ei worden ingevlogen in ‘vrije markt uitruilprogramma’s’ om 200 patiënten per dag te gaan behandelen na culturele besnijdenissen à R 10 ?

  2. In my opinie is mediese fondse een van die redes hoekom mediese kostes so belaglik hoog is. Hierdie is soos krediet wat te veel is en dan is daar ‘n ooraanbod van geld wat lei tot inflasie van daardie mark. Verder is mense bereid om enige iets te betaal om gesond te word.

    1. in de hoop om gesond te word, betaal aan enig persoon in een witte jas verkleed als dokter, nauwgezet de lijnen van een int. beroepsaansprakelijkheidsverzekeraar volgend, Rooikop ?
      Met een eigen risico van € 25000 p/g die dan weer door het zieke ziekenhuis wordt betaald of verzekerd.

      Het lijkt er hier, naast massale corruptie, op dat het vooral duurder wordt door miljoenen ‘migranten’ naar binnen te slepen die dankzij de parasiterende linkse asielindustrie alleen maar rechten kennen en geen plichten.

      p.s. heden in Duitsland ook weer duidelijk geworden dat er € 10 miljard per jaar ‘verdwijnt’. Wat nog aan de lage kant wordt gehouden.
      En in Holland heeft men sinds 8 jaar een communistenpolis/medische verzekering voor allen in een soort Obamacare pilot, die het vooral migranten met verzekeringspasjes van hun neef, mogelijk maakt onbegrensd te graaien.
      U kent verder NHS tourisme naar GB waarbij min of meer hetzelfde geldt doordat diegene die al 40 jaar betaalden dezelfde(voor hen teruggelopen) rechten krijgen als wat morgen wordt binnengesleept.

    2. Rooikop jy is 100% korrek.. betaal die dokter kontant en dring aan op korting.
      Presies wat die Med Fondse NIE doen nie. Die mediese versekerings industrie / administrasie is 3 maal duurder as die diensverskaffers !!

      Ons streeks staatshospitaal is geweldig besig maar doen uitmuntende werk – kosteloos. Belowe!!
      Ek sal maklik soheentoe gaan in uiterste nood. – Wat sobyso gebeur as die Mediese Fonds uitgeput raak.
      Die hotel en spyseniering afdelings van die Staatshospitaal in Kimberley is maar 3de wêreld maar die mediese sorg is uitstekend.goed. wêreldklas.

      1. Wat die mediesefondse nie doen nie, is onderhandel tot voordeel van die lid. As voorbeeld vat ek medisyne. Koop hom kontant en kry die “afslag”, maar omdat die mediesefonds ‘n vaste prys beding het met die verskaffers, apteke, betaal jy duurder as die kontant prys. Die probleem is nie die lid nie, die probleem is die mediesefondse.. My vrou kry van hierdie wegdoenbare kontaklense. Die mediesefonds het met die verskaffer ‘n prys beding, R1490.00. Betaal ons kontant is die prys R1150.00. Maar die verskaffer mag nie die goedkoper prys indien vir betaling, want dan word die eis van die hand gewys. Mediesefondse is ‘n stinke klug.
        Het jy geweet dat wanneer jy aansluit word daar ‘n polis op jou naam uitgeneem, indien jy dan behandel word vir ‘n “gevreesde” siekte, dan word die polis aan die mediesefonds uitbetaal en bly hulle steeds so hardegat oor sekere betalings

        1. Dis hierdie soort vryemark bonus obligasies en mediese lotto wat ons in die arms van Oom Kallie Marx in dryf. Hy was die broer van miesies Juta van die drukkers in die Kaap.

          Prof Sadie se beheerde markte het verreweg die beste gewerk as die goue middeweg op die hele skaal van Friedman se vrye mark aan die een kan tot staats Marxsisme sosialisme aan die ander kant.

  3. Vat eerder R200 per maand en spaar dit op ‘n DEBIETKAART met so < R10000 -00 op Maak jou eie noodfonds en gee Beterhelfte ook tekenreg op die kaart sodat sy met die kaart vir AVBOB en die kroeg kan betaal na jou dood sodat jou vrinne 'n dop kan drink op jou oorle lewe.

    Verassing kos so R2000 minder geld vir drank. Die as-kissie is baie goedkoper as 'n doodskis en werk omtrent dieselfde uit.

    Hier is 'n Black Recycling Empowerment firma wat doodskiste herwin en goedkoop tweedehands verkoop. CR ; Coffin Recovery Pty Un-Ltd [ neeee 'CR' is nie' Cyril Ramaposa' NIE}

    'n Debietkaart op altwee se naam word ook nie gevries met een se dood nie.

    Noem die kaart jou eie Rampfonds Lotto. obligasies,,,, 🙂

Maak 'n opvolg-bydrae