Branderplankkampioen oorleef haai-aanval

Die Australiese branderplankryer, wat Sondag deur ‘n groot withaai is tydens die J-Bay Ope in Jeffreysbaai, sê hy het die haai met die vuis geslaan terwyl hy in die water gespartel het.

Die kompetisie is opgeskort nadat die verdedigende kampioen, Mick Fanning, van sy branderplank deur die haai afgestamp is.

Fanning is nie beseer nie. Hy het die reddingspanne en bystandpersoneel geloof wat hom te hulp gesnel het voor die haai kon terugkeer.

Fanning, wat wêreldkampioen in 2007, 2009 en 2013 was, is onmiddellik ná die aanval opgetel deur die veiligheidspersoneel.

Die geleentheid is gestaak kort daarna nadat twee verdere haaie opgemerk is in die water.

Terug op droë grond, was Fanning merkbaar aangedaan oor sy noue ontkoming: “Ek kan dit nie glo nie. My bene wil meegee … Om dit te oorleef, ek is net so emosioneel.”

6 thoughts on “Branderplankkampioen oorleef haai-aanval”

  1. Haaiaanvalle is ‘n lewensles soos min.

    My 4 seuns het hulle totale lewensvoorligting gekry by wyse van ‘n gelykenis – allesomvattende wetenskap: besigheid en biologie, dierkunde, fisiologie, fisika tot lewensvaardighede, oorlewingstegnieke en prokreasie. Die totale Vader – Seun gesprek het uit die volgende bestaan:

    “Kêrels laat ek julle vertel wat NIE in die Bybel staan nie: Toe die Skepper vir Eva gemaak het was Adam bitter ontevrede want sy het net soos hy gelyk. Totdat Eva vir Adam haar verbode vruggie wys en daai ‘klein ou vorskêlletjie’ – toe gaan Adam se oge en sy BEURSIE oop.

    Soos die ware verhaal van die pragtige Eva Baai wat in die Durbanse see geswem het met daardie
    gloeiende geel stunning bikini aan – voor die tyd van die haainette. Toe die mense die haaivin naby haar gewaar skree hulle vreeslik vir haar en sy swem laat dit bars sonder om te spat en spartel strand toe.

    Haaie word deur reuk en helder kleure en gespartel aangetrek en sy tas en elektriese sintuig is op sy vel. Daarom skuur hy eers teen sy prooi voordat hy proe.

    Die mooie Eva Baai het dit alles geweet en toe hy die eerste keer teen haar skuuuur toe gooi sy die bo-stuk van die stunning helderkleurige bikini vêr weg om haar ‘n kans te gee om weg te kom – om Adam Haai se aandag af te trek. Maar sy moes toe ook nog die onderstuk van die stunning bikini afskop voordat sy die veiligheid van die strand kon haal. Dit het haar genoeg kans gegee om tot by die vlak water te vorder, — maar natuurlik stunning poedel nakend.

    Die klein skare mense het haar laat wegdraai, paralel met die branders na ‘n skuiling toe, toe Adam Haai met ‘n spoed op die strand uitswem tot op die droeë sand waar hy lê en hap en spartel.

    Die haai kon nie draai nie want sy stert was styf.

    Laat dit nou vir julle manne ‘n les wees …………as julle meer wil weet gaan vra julle se ma en lees Die Huisgenoot!!!! “

Maak 'n opvolg-bydrae