Die Australiese branderplankryer, wat Sondag deur ‘n groot withaai is tydens die J-Bay Ope in Jeffreysbaai, sê hy het die haai met die vuis geslaan terwyl hy in die water gespartel het.
Die kompetisie is opgeskort nadat die verdedigende kampioen, Mick Fanning, van sy branderplank deur die haai afgestamp is.
Fanning is nie beseer nie. Hy het die reddingspanne en bystandpersoneel geloof wat hom te hulp gesnel het voor die haai kon terugkeer.
Fanning, wat wêreldkampioen in 2007, 2009 en 2013 was, is onmiddellik ná die aanval opgetel deur die veiligheidspersoneel.
Die geleentheid is gestaak kort daarna nadat twee verdere haaie opgemerk is in die water.
Terug op droë grond, was Fanning merkbaar aangedaan oor sy noue ontkoming: “Ek kan dit nie glo nie. My bene wil meegee … Om dit te oorleef, ek is net so emosioneel.”
