Richard van der Ross (gebore in 1921) is een van min ontwikkelde bruin mense wat aanvaar dat hy nie wit of swart is nie. Hy erken openlik dat hy ‘n ander kleur of etnisiteit het. “I am coloured, and I will say it and sing it and talk it … I cannot be anything else” (Weekend Argus, 16 deser). Sy lewensloop word gekenmerk deur sy pogings om die herkoms en aard van bruin mense na te vors en te bepaal in hoeverre daar gronde vir groepsidentiteit is. Hy het hom nooit van sy eie mense gedistansieer nie en deurgaans gepoog om hulle belange te bevorder.
Van der Ross se jongste boek is, In our own skins: a political history of the coloured people (Jeppestown: Jonathan Ball Publishers, 2015, 216p, R210; ook as e-boek beskikbaar, bv Amazon Kindle $18.23). Ek vind dit ironies dat Franklin Sonn (gebore in 1939) die voorwoord (met neffens ‘n foto van homself) geskryf het. Vir hom is die bonus ‘n bietjie publisiteit. Sonn is iemand wat sy bruinskap in minstens twee opsigte ontken: hy wil swart en Engelssprekend wees en het sy kinders ook so opgevoed. Hy noem “the Coloured people … a segment of black South Africans” (p 3). Geen wonder dat hy die volgende beklemtoon nie:
“The Coloured people on their own constitute neither a nation nor a race. They are, however, a group with a distinct socioeconomic experience and a history of resistance to racism and efforts by colonialists and the post-colonial government to afford them a political status. The resistance to colour oppression also entailed a conscious non-acceptance of self-consciousness, inferiority and being given a separate political status as Coloured people” (p 1).
Dit is duidelik dat Sonn as ANC-kameraad hier aan die woord is. Dit is ‘n growwe veralgemening in soverre geïnsinueer word dat bruines nie werklik ‘n onderskeibare groep is of wil wees nie. ‘n Mens moet onderskei tussen die ontwikkelde en minder ontwikkelde bruines. Tydens die blanke bewind wou die bruines (veral die ontwikkeldes) graag wit gewees het. In die huidige politieke bedeling wil die ontwikkelde bruines ter selfbevoordeling graag amptelik swart wees. Tog vestig hulle hulle by voorkeur in tradisioneel blanke en dalk veral Afrikaner-woongebiede; sekerlik nie swart woongebiede nie. Sonn is self ‘n toonbeeld hiervan. Onder die minder ontwikkelde bruines is dit opvallend dat hulle eerder aansluiting by blankes soek en sterk weerstand bied teen en gerief is oor swartes wat hulle woongebiede en skole binnedring.
Pat Sonn, Franklin se pa, het in die openbaar ‘n polities gematigde indruk gewek. Daarom het die “apartheidsregime” hom in bv die raad van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) aangestel. Franklin het, wat formele akademiese kwalifikasies betref, nooit verder as ‘n UWK-honneursgraad gevorder nie. Die blanke regering het blykbaar gedink dat Franklin polities so gematig soos sy pa sou wees. Ten spyte van sy beskeie formele kwalifikasies en ingevolge die apartheidsbeleid-ideaal dat iedere bevolksgroep deur sy eie mense gedien moet word, is hy as rektor van die Skiereilandse Technikon in Bellville-Suid (1978-1994) aangestel. Reeds in 1976, die jaar van die Soweto-opstand, het hy as skoolhoof president van die Cape Teachers’ Professional Association (CTPA) geword en hierdie pos tot 1990 beklee.
In sy voorwoord verwys Sonn twee keer na hierdie onderwysersvereniging (p 2, 3) wat, ten spyte van sy naam, juis in onprofessionaliteit uitgemunt het. “The teachers had been educating their pupils in a very definite political direction. This, naturally, reflected their own political beliefs” (p 138). Die CTPA wou niks met die “apartheidsregime” te make hê nie, maar soos Van der Ross van ‘n ander vereniging skryf: “Their teacher-members continued to teach and draw their salaries from the government” (p 121). Via hierdie vereniging het Sonn moontlik in groter mate as enigiemand anders onrus in veral die Wes-Kaapse skole vir bruines gestook. Hy skryf: “Teachers’ associations became the voice of Coloured political expression” (p 2).
Iemand wat chaos ten behoewe van die UDF/ANC gesaai het, kan op vergoeding, bv ‘n pos met hoër louere, aanspraak maak. Toe ek in 1994 ‘n konferensie by die Skiereilandse Technikon bygewoon het, was Sonn nie daar om dit te open nie. Een van sy viserektore, ‘n blanke man met ‘n doktorsgraad, het dit namens Sonn gedoen. Sonn was in Pretoria in afwagting op Nelson Mandela se aankondiging van sy eerste kabinet. Sonn het die ydele hoop gekoester dat hy as onderwysminister aangestel sou word. Pleks daarvan het hy die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Amerika geword (1995-1999). Die meetsnoere het vir hom in lieflike plekke geval; eers bevoordeling danksy die “apartheidsregime” se beleid en daarna bevoordeling ingevolge die ANC se gebruik om onrusstokers (en erger) ruim te vergoed.
In Washington het Sonn hom (heeltemal uit sy diepte) onderskei deur die skilderye van blanke kunstenaars uit die ambassade te verwyder en hulle op die koste van die belastingbetalers met dié van nie-wit skilders te vervang. Terug in Suid-Afrika het Sonn los werkies vir die ANC gedoen. Hy was bv (nogeens heeltemal uit sy diepte) voorsitter van die komitee wat ‘n buitensporige vergoedingspakket vir die SA president aanbeveel het. Dit is ook hy wat suksesvol vertoë tot die president gerig het om Allan Boesak tot nie-misdadiger te verklaar. Sonn verwys goedkeurend na Boesak (p 2).
Maar ek wil eintlik oor Van der Ross se jongste teks skryf. Van der Ross het algemene bekendheid verwerf toe hy van 1975 tot 1986 die UWK-rektor was. Die “apartheidsregime” het vertroue in hom gestel en hy het in die geheel beskou as rektor akademies nie teleurgestel nie; onder meer omdat hy reeds in 1952 ‘n doktorsgraad aan die Universiteit Kaapstad verwerf het. Op die UWK-kampus is hy in studentegeledere as ‘n uitverkoopte uitgekryt. In werklikheid was sy bewind die laaste in die UWK se akademiese era, met agtereenvolgens, van 1960 af, JG (Gans) Meiring, N Sieberhagen en Wynand Mouton (1974) as rektor. Van der Ross se opvolger, Jakes Gerwel, het die UWK se politieke era ingelui. Die akademie is ondergeskik aan linkse politiek gestel.
Hieruit moet nie afgelei word dat Van der Ross as rektor nooit polities rammetjie-uitnek was nie. Hy het bv by geleentheid saam met ANC-kornuite, soos Gerwel en Jaap Durand, ‘n protesoptog op die UWK-kampus gelei. Hy was immers een van die stigterslede van die anti-apartheid-Arbeidersparty in 1969 (p 152) wat in die Verteenwoordigende Kleurlingraad sitting gehad het. Hierdie Arbeidersparty het in 1984 uiteindelik verplig gevoel om skoorvoetend selfs deel van die Driekamerparlement te word (p 163). Allan Hendrickse, die partyleier, het gesê: “It was time for the Coloured people to stop playing Boer se moer politics” (p 167). Dit herinner aan Lyndon Johnson (Amerikaanse president, 1963-1969) se beginsel van “preferring your enemy inside the tent pissing out than outside the tent pissing in” (Jordan & Walsh, bron hier onder, Kindle 1179).
In sy vorige boeke, bv sy outobiografie en sy monografie oor slawerny, het Van der Ross hom as outeur goed van sy taak gekwyt. Sy jongste boek is in hierdie opsig ‘n teleurstelling. Daar is heelwat onnodige herhaling en gebrekkige sistematisering. Hy is te oud om so ‘n moeilike taak werklik goed uit te voer. Die latere hoofstukke is egter beter en interessanter en verskaf nuwe inligting. Wanneer ‘n Afrikaner soos ek die boek lees, is daar die bewustheid dat sy helde nie my helde is nie. Ek mis ook openlike waardering vir die rol wat Afrikaans in die geskiedenis van die bruin bevolking gespeel het. Van der Ross is van huis uit Engelssprekend maar hy is Standaardafrikaans uitstekend magtig. Hy verval nie in afgryslike Kaaps soos Gerwel so graag gedoen het wanneer hy met bruin studente gepraat het nie. “Ek praat in die huis weinig Afrikaans. My kinders het ook al kinders en hulle huistaal is Engels” (JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014, p 114). Wat opval, is dat Van der Ross as ‘n fyn beskaafde en Westersgeöriënteerde mens nie die vandalisme en gewelddadigheid van die “bevrydingstryd” verheerlik nie. Geen wonder dat hy hom in die nuwe Suid-Afrika eerder by die DA as die ANC geskaar het nie. Desnieteenstaande het die ANC-regering hom as ambassadeur in Spanje aangestel.
Van der Ross besin oor wie en wat die bruin mense is. Hy noem hulle ‘n “reasonably identifiable entity and group” wat hulle in gemeenskappe met eie inrigtings georganiseer het (p 6); “a distinct anthropological – racial, if you like – group” (p 22). Hy noem hulle ‘n “ethnic group” (p 6), maar skryf ook: “The Coloured people are of all kinds. Individually or in groups, we represent all kinds, because we are of all kinds” (p 8). “By about 1800, the Coloured people had become a definable population group – aware of the sameness, which drew them together, and of their otherness, which distinguished them from others among whom they lived” (p 113). In 1912 is in The APO (kyk hier onder) na afloop van ‘n sensus geskryf: “Coloured … includes a truly heterogeneous lot. In fact, everyone who is not a full-blooded Native … or is too well-known [not (?)] to be classed as European, is a Coloured person” (p 74-75).
“It is important to note that the Coloured people are not a nation or a race but a population group. Attempts to regard us as a nation have failed. Perhaps the nearest effort was when the group known as Griquas moved northwards and, after significant mingling with indigenous people and establishing themselves in a new physical environment, secured sufficient identity to claim nationhood. Even this was not absolute, however; for various reasons, the Griquas are still considered to be Coloured” (p 136). Omdat die bruin bevolking so ‘n wye spektrum dek, in die praktyk van wit tot by swart, kan daar in sy geheel beskou kwalik sprake van ‘n duidelik omlynbare etniese groep wees.
Die bruines is ‘n groep van rasgemengde afkoms wat tussen die wittes en die swartes inpas; in die praktyk dus ‘n oorgangsgroep. Hulle tussengroep- of tussen-twee-stoele-status het nie verander nie: “They were not white enough for the white government, and are not black enough for the black government” (p 188). Etnisiteit is en bly ‘n wesenlike faktor. Soos Malcolm Lupton dit gestel het: Die ANC is ‘n “black nationalist organization with which the Coloureds can never identify … Despite its ‘non-racial’ rhetoric, Coloureds (and Whites and Indians for that matter) will always remain on the margins of the ANC” (p 189). Van der Ross skryf: “While the end of apartheid technically ended racial discrimination, it did not stop South Africans from thinking or acting in groups. Indeed, the government still uses group thinking and language … The race groups tended to keep together; people sought the company of people who were like them in terms of race, social class, language and income … Such differences are not unique to South Africa” (p 194-195).
Bruines is myns insiens kultureel nader aan die blankes as aan die swartes. Van der Ross stem hiermee saam. Die bruines “was culturally very close to the Europeans. Consequently, attempts to regard them as a people culturally apart from the Europeans, and to segregate them from white South Africa socially and politically, failed” (141-142). Maar hierdie mate van eendersheid moet nie dermate oordryf word dat dit neerkom op die ontkenning van kulturele en ander verskille nie. Van der Ross oordryf as hy met verwysing na blankes skryf die bruines is “bone of their bone and flesh of their flesh” (p 154); ook as hy sonder meer sê: “We stem from the white population” (p 180). Ek het voorheen reeds herhaaldelik die aandag gevestig op bv (klem)verskille by wittes en bruines in hulle benadering van Afrikaans.
Wat hierdie mate van kulturele oorvleueling wel duidelik maak, is die vergesogtheid en opportunisme van daardie bruines wat deesdae poog om hulleself swart te verklaar. Van der Ross wys bv daarop “that in social matters there was not much in the way of interaction” tussen bruines en swartes (p 148). Hy het ook waargeneem “a significant shift of the Coloured vote away from the (black) African National Congress towards the (white) Democratic Alliance” (p 183). Jan Smuts het die bruines “an appendage of the whites” genoem. Hiervan wil Van der Ross niks weet nie: “The Coloured people simply … would not regard themselves as subordinate to the white population” (p 159).
Die ontstaan van die bruines word teruggevoer tot by die Khoi (Hottentotte) en die San (Boesmans). “When Van Riebeeck landed at the Cape in 1652, the Coloured people did not exist” (p 22). Hierna het die bruin bevolking ontstaan vanweë vermenging van die Khoi en San en ook vermenging met ander etniese groepe (p 11) soos die ingevoerde slawe (vanaf 1658) en die inheemse swartes en blanke setlaars. “They were a new people, but they were not primitive” (p 171). “There are elements of the San and the Khoi in us, but there are elements of so many other races in us too” (p 22). Van der Ross skryf, na aanleiding van die navorsing van MC Botha, dat daar meer Khoi as San in die bruin bevolking is (p 23) en dat die Khoi “more advanced” (p 27) of “more civilized” (p 12) as die San was.
Kenmerkend van baie bruines is hulle voorliefde vir die Britte/Engelse bo die Hollanders/Afrikaners. Gedurende die eerste Britse besetting van die Kaap “the British were starting to put into practice a more liberal form of rule than had prevailed in the time of the Dutch” (p 30; ook p 52). Dit is egter skynbaar (of moontlik) teenstrydig met wat Van der Ross later skryf: dat “intermingling – including intermarriage – was … socially acceptable until 1800” (p 51). In 1834 is die slawe amptelik vrygestel, maar daarna het daar vir hulle vier jare van verpligte vakleerlingskap/inboeking gevolg (p 32). Met die Groot Trek in die 1830’s het meer as ‘n duisend bruines die blankes die binneland in vergesel (p 34). Alle bruines het dus blykbaar nie ‘n voorkeur vir die Britte/Engelse bo die Hollanders/Afrikaners geopenbaar nie.
In die 20ste eeu is ‘n ander rede vir die bruines se voorkeur vir “die Engelse” aangevoer. Dit gaan egter verkeerdelik uit van die standpunt dat rasse-segregasie/apartheid deur die Afrikaners uitgevind is, terwyl dit in werklikheid ‘n voortsetting en ontwikkeling van die tradisionele Britse rassebeleid was. Van der Ross skryf: “There was always an alternative to the [National Party] government’s perspective on the colour question. These alternative viewpoints were generally held by the English-speaking white population” (p 198). Daar is myns insiens ‘n beduidende mate van skeefheid in hierdie siening.
Ek is teleurgesteld met hierdie stelling van Van der Ross: “After all, it was the Dutch who had imported slaves and the English who set them free” (p 43). Hierdie leuen word op subtiele wyse ook deur die personeel van die Slawemuseum in Kaapstad verkondig, soos Marthinus van Bart in sy boek, Kaap van slawe (Tokai: Historical Media, 2012), aantoon. Die waarheid, volgens Van Bart, is “dat daar gedurende die Eerste Britse Bewind, 1795-1803, meer slawe na die Kaapkolonie gebring is as in enige ander tydperk van dieselfde lengte” (p 15). Gedurende die Bataafse [Nederlandse] Bewind (1803-1806) “is ‘n geringe hoeveelheid slawe ingevoer voordat die handel verbied is” (p 15). “Vanaf 1806, die aanvang van die Tweede Britse Bewind, het die getal [slawe] met nog 33 000 aangegroei” (p 15). Met die grootste vlootmag was die Britte wêreldwyd die grootste slawehandelaars.
Erger: Die Britte het Iere as slawe na Amerika uitgevoer (Rhetta Akamutsa, The Irish slaves, 2010, 204p, Amazon Kindle $6.83); ook na eilande soos Barbados (Sean O’Callaghan, To hell or Barbados: the ethnic cleansing of Ireland, 2013, 248p, Amazon Kindle $10.49). Nog erger: Die Britte het van hulle eie mense (bv misdadigers, leeglêers en straatkinders) as slawe na Amerika en Wes-Indiese eilande uitgevoer (Don Jordan & Michael Walsh, White cargo: the forgotten history of Britain’s white slaves in America, 2011, 322p, Amazon Kindle $18.67; Anthony Vaver, Bound in an iron chain: the untold story of how the British transported 50 000 convicts to colonial America, 2011, 360p, Amazon Kindle $10.25). Hierdie gebeure het veral in die 17de eeu plaasgevind; dus in die tyd toe Jan van Riebeeck aan die Kaap was en ook voor en na sy tyd. Die punt is: Van der Ross en ander bruines asook die Slawemuseum se verering van die Britte as dié slawebevryders is misplaas. Die Bataafse Republiek (1795-1806) het baie vroeër as die Britte ‘n morele sensitiwiteit oor slawerny ontwikkel.
[Brittanje se latere verbanning van gevangenes na Australië is wyer bekend as sy wit slawerny in Amerika. Maar ons hoor gewoonlik net van swart slawerny en uitsluitlik wittes kry die skuld daarvoor. Dat daar nie-wit slawe-eienaars aan die Kaap en in Amerika was en Arabiese eienaars van wit slawe in bv Noord-Afrika, word meesal verswyg. Louis Albert Banks se White slaves; or, the oppression of the worthy poor (Boston: Lee & Shepard, 1893, 336p; Amazon Kindle $0) handel oor ‘n ander onderwerp, te wete arm maar werkende blankes in Boston, Massachusetts. Banks loof die arm wittes omdat hulle hulle nie tot bedelary, diefstal en ander misdade gewend het nie. Weens die ANC-regering se beleid van rassediskriminasie teen blankes is daar baie arm en werklose wittes in die nuwe Suid-Afrika, maar Banks se lof is in groot mate ook op hulle van toepassing; heel moontlik in groter mate as op ander etniese groepe.]
Die eerste liggaam wat rigting aan bruines se aspirasies gegee het, was die African Political Organisation (APO) in 1902, van 1919 af die African People’s Organisation genoem (p 38). Die APO het soms geskrifte in Afrikaans gepubliseer, bv Piet Uithalder se “Straatpraatjies” (p 65). FA Ponelis het dit “Kaapse Vernakulêre Afrikaans” genoem (Steyn, p 113-114). Dit dui nie daarop dat die APO waardering vir Afrikaans of Hollands gehad het nie. In 1911 word “Cape Dutch … a vulgar patois” in The APO genoem (p 71). [Patois: “Meestal neerhalend bedoelde benaming vir ‘n plaaslike, dialektiese taalvorm” (HAT).] Die APO het Engels bewonder en vir “Cape Dutch” geen goeie woord gehad nie. “So word Engels op 13 Augustus 1910 beskryf as ‘the language which inspires the noblest thoughts of freedom and liberty, that has the finest literature on earth, the language that spreads widely over the face of the earth, and is the most universally useful of all languages.” “Cape Dutch”, daarenteen, word genoem ‘n “bastard lingo”, “a vulgar patois fit only for children”, “the patois used by Dutch Members [of Parliament] is the crudest medium of expression used in any Parliament in the civilized world” (Steyn, p 114).
In 1924 is die meer gematigde Afrikaanse Nasionale Bond gestig (p 41), wat in ‘n mate vir lief met rasse-segregasie geneem het (p 42). Volgens Van der Ross het die Nasionale Party van 1925 tot 1929 die integrasie van wittes en bruines voorgestaan. Die keerpunt in hierdie beleid het met die algemene verkiesing in 1929 gekom toe die bruin kiesers oorweldigend vir die Suid-Afrikaanse Party gestem het. Dit was ‘n voortsetting van die stemreg wat bruines sedert 1853 in die Kaapkolonie gehad het. In 1929 het rasse-segregasie, ook wat die bruines betref, Nasionale Party-beleid geword (p 43, 136, 162).
Waarteen sterk beswaar uit bruin geledere gekom het, was die bepaling in die Suid-Afrika Wet van 1909 dat net blankes van 1910 af sitting in die Unie-parlement sou hê. Dit was op aandrang van die verteenwoordigers van die Transvaal en Vrystaat. “The Afrikaners were reconciled to having lost the war but determined not to lose their Afrikaner identity” (p 109). In APO-geledere is die nie-wittes na Uniewording as “political slaves” beskou (p 96). “They feel a loathing and contempt for everything that is white” (p 100). Die Wet of Groepsgebiede van 1950 was die volgende groot terugslag vir die bruines, want “this meant that the Coloured people were moved, rather than the white people” (p 143). Die ander groot ontnugtering was toe die bruines in 1956 van die parlementêre kieserslys verwyder is. Die Nasionale Party is in sy houding gesterk deurdat die Coloured People’s Congress hom in 1955 by die ANC geskaar en die Vryheidsmanifes aanvaar het (p 131).
In 1923 word daar in die publikasie, The APO, teen ‘n ander vorm van beweerde slawerny beswaar gemaak. Ooreenkomstig Wet 25 van 1913 “a Coloured child … may be apprenticed to a European until it reaches the age of 18” (p 103). Dit was nie noodwendig ‘n onding nie. My ouma het in die jare veertig verantwoordelikheid vir so ‘n ingeboekte bruin kind, Frikkie, aanvaar. Hy het namiddae na skool ‘n bietjie tuin- en stuurwerk gedoen. In ruil daarvoor is hy van lewensmiddele soos kos en klere voorsien. Sy het dit vir hom moontlik gemaak om hom as onderwyser te bekwaam. Frikkie was lewenslank opreg dankbaar vir hierdie “slawerny”. Wat ek hier skryf, is die waarheid, maar dit is die soort verhaal wat ‘n mens deesdae (feitlik) nooit hoor nie.
In 1914 het nie-wittes ‘n petisie oor mynregulasies aan die parlement voorgelê: “Whenever the definition White appears it should be substituted by the word competent, and that whenever the Colour Bar has been introduced into the Regulations it should be removed” (p 81). Ook in die geval van winkeliers moet dit nie om ras gaan nie, maar bloot om die vraag of die persoon “fit and proper” vir so ‘n onderneming is (p 81). Deesdae lyk dit na gesonde beginsels. Ek onthou hoe die UWK-studente in 1976 (en talle ander mense by ander geleenthede) vir die afskaffing van alle rassediskriminasie betoog het. Ook is daar tydens apartheid telkens versoek/geëis dat politiek uit sport gehou moet word.
Wat ek eienaardig vind, is dat hierdie selfde mense deesdae geen kritiek uitspreek teen die rassediskriminasie wat op groot skaal teen blankes gepleeg word nie. Byvoorbeeld, in 1961 is beswaar teen werkreservering gemaak (p 147). In die nuwe Suid-Afrika maak die bruines beswaar as hulle nie in dieselfde mate as swartes by die toekenning van poste bevoordeel word nie. Maar hulle kritiseer nie die ANC se behandeling van blankes nie. Hulle is ook stil oor al die politiek wat Suid-Afrikaanse sport tans deursuur, bv raskwotas. Van der Ross vat dus ‘n reusekans wanneer hy skryf: “At no time did we deny the rights that we sought for ourselves to other ethnic groups” (p 177).
Van der Ross kom met hierdie eintlik lagwekkende stelling oor die blankes: “Because the conquerors, or settlers, were more advanced technologically, meaning that they were better armed [!], they generally managed to retain their superiority by establishing themselves as a class superior to the people they had conquered” (p 141). Die veronderstelde meerderwaardigheid van die blankes het in werklikheid veel meer om die lyf as bloot die beter wapens waaroor hulle eens beskik het.
Die outeur verskaf die volgende historiese opsomming van die politieke opset in Suid-Afrika: “The country’s political direction was determined, to a great extent, by the clash between the Afrikaners – who were essentially stock farmers and who considered themselves to have rights by virtue of having been the first European settlers – and the English, who ruled by right of conquest and whose interest resided in their mastery of the sea routes and, later, their technical advantage in the mining industry” (p 105). Die tragedie is dat albei hierdie wit groepe se regte in die 1990’s op verraderlike wyse effektief beëindig is; op grond van ‘n hoogs twyfelagtige redenasie: Die swartes moet die land regeer omdat hulle baie meer in getal as die ander etniese groepe is; nie omdat hulle meer tot stand gebring het of beter as nie-swartes kan regeer nie. Die tragiese waarheid van die nuwe Suid-Afrika is dat die swartes om die verkeerde redes (getalsoorwig en gewelddadigheid) die land regeer, terwyl hulle in werklikheid glad nie in staat is om (doeltreffend) te regeer nie.
Die volgende is moontlik die interessantste brokkie inligting in die boek. Nadat Nelson Mandela die terreurgroep, Umkhonto weSizwe (MK), gestig het, het hy in 1962 die Coloured Convention versoek
“to send a representative to speak to him in Johannesburg. I was sent, and met Mandela and three or four others at the home of Ahmed Kathrada for three or four nights. Mandela put his proposal plainly. He said that MK was planning an armed uprising. He knew that the Coloured people at the Cape had a following and suggested that we start the revolution, after which the African people in the north would take it up and, with their numbers, would finish it … I returned to Cape Town, and reported. The Convention decided they could not support the request” (p 148-149).
Weens propaganda word Mandela deesdae algemeen as die ikoniese vredemaker en versoener beskou. Hier sien ‘n mens egter die eintlike sluwe, naïewe en gewelddadige Mandela in aksie. Hy wou die bruines voorstoot om die revolusie te begin, dus die proeflopie te doen, wat hoogs riskant was. As dit suksesvol blyk te wees, sou die swartes daarna die politieke mag oorneem. Die bruines het die insig gehad om hulle nie op hierdie manier te laat mislei en misbruik nie.
Iets waaroor daar deesdae dikwels en graag gelieg word (bv deur Allan Boesak), is die ontstaan van die NG Sendingkerk in 1881. Die waarheid is dat die skeiding van die NG Kerk en die Sendingkerk vrywillig was en ook nie absoluut volgens ras of kleur nie, soos Van der Ross tot sy eer ook duidelik maak: “Although the Mission Church was intended for the Coloured members, some Coloured people remained members of the Moederkerk (Mother Church), including the entire St Stephen’s congregation in Cape Town” (p 149).
Van der Ross verwag nie dat die bruines as ‘n bevolkingsgroep sal verdwyn nie, hoewel “Africanness” vorentoe polities meer aanvaarbaar kan word (p 172). As die bruines werklik swart word, sou hulle deel van die meerderheid wees, “but this is not likely to happen because of cultural differences” (p 186). Sonder om enigeen by die naam te noem, beskou hy die aanstelling van die volgende bruines as moontlike tekens dat daar toenadering tussen wittes en bruines plaasvind: Christo van der Rheede as hoof van die Afrikaanse Handelsinstituur (AHI), Henry Jeffreys as redakteur van Die Burger, Russel Botman en Jonathan Jansen as rektor van onderskeidelik die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit Vrystaat (p 173). Ek dink dat hierdie vier mense vanweë hulle funksionering in daardie poste bewys gelewer het van die kulturele en politieke kloof wat daar tussen Afrikaners en bruines bestaan. Al vier het eerder die ANC ten koste van blanke belange gedien.

Ek wil nog ‘n voorbeeld gee van hoe maklik dit geword het om ‘n gesogte pos los te slaan. Ruth Mompati is onlangs oorlede. Sy was die tikster van Walter Sisulu en Nelson Mandela en het saam met hulle onrus gestook. Sy het as formele kwalifikasie nie meer as ‘n onderwysdiploma gehad nie, maar het ‘n ANC-parlementslid geword en daarna die SA ambassadeur in Switserland. Medunsa, die mediese universiteit, het aan haar ‘n eredoktorsgraad toegeken; dalk omdat sy geweet het hoe om ‘n aspirienpil te sluk. Dit is dinge wat seker net in ‘n abnormale samelewing, soos die nuwe Suid-Afrika, sal gebeur.
“Die Wet of Groepsgebiede van 1950” moet die nie eerder ‘op’ wees nie? Of dalk Die Groepsgebiedewet van 1950 …
Dankie, Rifrug. Jy het reg. Ons almal streef seker na volmaaktheid, maar ons almal is helaas onvolmaak. As meer mense dit besef, sal die wereld ‘n beter plek wees. Die aandag wat jy aan die opsporing van (tik)foute bestee, is nuttig, maar die gevaar bestaan dat die betekenis van wat geskryf is by jou verbygaan.
Ek word so vasgevang in dit wat ek lees, dat my oë outomaties die korrekte woord of spelling in my gedagtes plaas.
Ek kan om de dood dan nie spel en taal foute raak lees nie. Die enigste plek waar dit wragtig erg kan raak is die kommentare op FaceBook. Ek het al van my tande laat bars daar.
My probleem of gestremdheid is dat ek om betekenis lees. Ek het hoofsaaklik by Unisa gestudeer om myself in te lig. Ek herken woorde en assosieer betekenisse daarmee, maar ek wend geen poging aan om die woorde uit te spreek nie. Die gevolg is dat ek skriftelik (hopelik) baie beter as mondeling kommunikeer.
Forest Gump die garnaal visser is die Amerikaanse idool en ikoon. wat bewys het dat jy ‘n volslae idioot moet wees om ‘n sukses in Amerika te word.
In Tsafendastan moet jy minstens mal van grootheids waansin wees of ‘n psigopaat verkielslik ‘n reeksmoordenaar en terroris wees. Jy moet soos ‘n Kaspaas mop lyk met kopdoek en brille verkieslik Vrydenkende dagga Godloënaar en Anti-Christen
Jy moet hier jou eie mense en kultuur verraai en verkrag en jou kinders offer aan Baal en Nietzche en Marx Ateisme.
Lekker man Lekker en welkom in die Pratt-park
.
Die afgelope 10 jaar wat ek in die Wes Kaap gewoon het – het
ek die Bruinmense/Kleurlinge baie goed leer ken. (Ek sluit Kaapstad uit want ek
het geweier om my voete daar te sit). Want die swartes is daar met busvragte
ingery en is krimminaliteit aan die orde van die dag – en die DA presies soos
die ANC doen niks aan die dwelms en misdaad nie. Dit gesê wil ek vertel van my
ervaring met die res van die Wes Kaapse kleurlinge. Standaard gewys bitter min
verskil tussen Blankes en Kleurlinge. Hulle sal hulle hande stompies werk om
vir hulle kinders die beste en beste opleiding te gee. Binne hulle vermoë is
hulle baie trots op hulle huise en tuine en voorkoms. Hulle is netjies en plaas
n hoë premie op werkstrots.Hulle is ook baie getroue kerkgangers.
Hoekom hulle vir die DA stem as hulle sulke leiers kan hê
soos Van der Ross en andere verstaan ek nie – met leiers kan hulle die Wes Kaap
as hulle eie grondgebied eis en heeltemal wegbreek van die ANC en die
skynheilige DA wat maar net klakkeloos die ANC se diskriminasie beleid volg en
toelaat dat die ANC busvragte swart buitelanders invoer in die kaap in.
Histories het geen swarte enige reg op die Wes Kaap nie – net Blankes en Kleurlinge
kan aanspraak maak op historiesereg in die Wes kaap.
Riempies: “Standaard gewys bitter min verskil tussen Blankes en Kleurlinge. Hulle sal hulle hande stompies werk om vir hulle kinders die beste en beste opleiding te gee. Binne hulle vermoë is hulle baie trots op hulle huise en tuine en voorkoms.”
Ag nee wragties…!!!
Ek het in 2009 vir die eerste keer in Vredendal by my suster gekuier. Ons is daar na van haar vriende wat ‘n druiweboer is.
Die gesprek loop toe na arbeid want dit is pluktyd. Hy vertel my dat hy Xhosas (hoofsaaklik) gebruik want die kleurlinge is nie net onbetroubaar wat betref aanmelding vir werk, werk self nie maar ook sal diè sommer deur die dag wegloop en nie eers sy loon vir vorige dae kom haal nie.
Ander dinge wat my vertel was het my tot die gevolgtrekking gebring dat ek kffr verkramp en kleurling verlig was.
More Johan, “verlig” was nog nooit onbetroubaar nie ;))… Verkramp en verlig is eienskappe wat onder alle kulture voorkom – dit kan egter nie vanuit een kultuur na ‘n ander kultuur beoordeel word – dat jy daarteenoor die waardestelsels omruil en op ‘n kultuurwaarde skaal probeer weeg nie.
Hoe meer ek lees hoe minder wil ek oor die insig wat ek teëkom iets sê. Helaas, daar is verseker koekoeke tussen die Boere.
Nou Dolk vertel ons jou ” insigte” oor Orania en Kleinfontein asseblief – Ons moet weet wat jy daarvan dink en wat jy daaomtrent gaan doen Newermaaind die Kleurlinge.
Sien met oom Vrydenkende ThysH se Ogotters weet mens altyd waar mens met hulle staan – van enkel- tot kniediepte.
Ek het geen klagtes oor Orania en Kleinfontein nie. Sou ek daarheen kon trek, het ek al!
juslaaaaik – so moet ‘n bek praat Dankie
En om te dink jy roskam, kielhaal, stenig, en hang my oor hoorsê… (Dis waarom ek al hoeveel keer gesê het dat of jy verwar my met iemand anders of, jy luister na mense wie my vir welke redes ookal vals probeer beswadder…)
Hoe dit ookal sy, Orania is vir my die “ground zero” – dis waar die terugneem van Suid Afrika vir ons Boerevolk moet begin… Soos ‘n klip in ‘n dam… wyer en wyer…
Ongelukkig het Orania verander in ‘n Liberale beweging, met ‘n Konserwatiewe Masker.
Hulle onlangse uitsprake en modis operandi bewys dit al hoe duidelikker.
“Go Figure”
Dolk ek gaan nou iets sê wat na alle waarskynlikheid baie
ongewild gaan maak – nogtans – Groot verskil tussen plattelandse Kleurlinge as
stedelike kleurlinge – soort gelyk aan blankes. Die swartes is ooral
steriotiep.
Ek werk daagliks “met” kleurlinge/bruines… Daar is geen manier hoe ek my met hulle kan vereenselwig nie. Dit het ook niks met tint te doen nie. Meer dikwels as nie word my gesindheid as vyandig en meerwaardig teenoor die ander rasse en die basters beskou – dis egter net ‘n beskouing en weerspieël waaragtig nie my redes nie.
Wat my tot in my siel vermoei is die feit dat daar soveel onder die “Boerevolk” is wat altyd speels wil inhaak by elke een wat na laventel en skoon linne ruik. Helaas, my opinie is ook net ‘n rolbos in bloei – iewers in die Karoo…
Dolk ek het nog altyd gedink dat ek oor geen diplomasie
beskik nie – maar regtig jy verstom my. Sou mens tot op n punt van samesprekings
vorder sal daar 3 partye by so n samesprekingstafel moet sit – Blank Kleurling
en Swart as n mens moet onderhandel – ek het niks ingemeen met die kleurlinge
nie en wil ook nie by hulle “inhaak” nie, maar om onnodig vyandskap te wil skep
is verseker ook nie bevordelik nie. Ek twyfel ook of dit die mense wat jy mee
elke dag werk sal insluit om so n tafel.
U kan nie my van taktloosheid beskuldig nie. Konsekwentheid is soos ‘n dolk – as jy dit nie aan die hef in die hand het nie, gaan jy jouself daarmee sny.
U vergeet dat ek ‘n man is en dat ‘n man anders as ‘n vrou oor vele, vele onderwerpe dink. Dit beteken waarlik nie dat dit nou neerkyk op die een of die ander nie.
U weet… Om diplomaties te wees dien geen doel wanneer dit bedoel is om te jou beginsels te help ondermyn nie. Takseer my nie volgens hoe diplomaties ek is nie – takseer my volgens my beweegredes en my lojaliteit en liefde vir my Volk.
Dit gesê – is ek nie dalk ‘n morele wagter iewers vir ons Volkie nie?
Ek weet u is warm onder die kiewe vir my – weet dat ek nie vies is vir u nie. :))
NS Ek kon nie help om nou so aspris te toring aan u nie! LMAA! Neem my derde paragraaf met ‘n knippie sout asb.!
Dolk ek is bereid om enigiets te doen wat in Prediker 3
staan om ons volk weer vry te kry maar ek sal ook niks doen wat n gruwel is in
die oë van die Here nie. Wat ek hier vir jou sê het van my n baie ruim tyd
geverg om dit uit te klaar en in perspektief te kry.
Ek het mos vir jou gesê ek weet ek is nie diplomaties nie –
dit al baie gehoor. Ek wou net enige onduidelikheid oor my kommetaar uit die
weg ruim. 😉
Nou is ek versigtig soos ‘n kat wat die foto ‘n luiperd se bekruip… Wat het u bedoel toe u: “Dolk ek het nog altyd gedink dat ek oor geen diplomasie beskik nie – maar regtig jy verstom my.”
“…………….conscious non-acceptance of self-consciousness …”. Dit verklaar baie.
Simon vd Stell was ‘n kleurling sy ma was van Batavia
Jan, die stuk gaan nie oor individue nie. Dit is inderdaad so dat daar verseker bloed van ander (nasies) in die Afrikaner is. Dit is sekerlik nie te ontkenne nie.
Die stuk gaan eerder oor die kleurling as groep en Van der Ross se mening.
Die skrywer (Leon Lemmer) konstrastreer spesifiek sekere stellings van Van der Ross teenoor mekaar maar ook teenoor ander kleurlingleiers.
Dit is dus ook nie ‘n stuk wat ten doel het om enigsins voor te gee om gebaseer te wees op ‘n studie van die onderwerpe wat hy aangeraak het.
Jan Kwaaitjie, geniet jou week.
Nee wat Leon skryf altyd goed en leersaam want die Kleurlingfaktor loop diep.
Ek probeer om ook altyd wreed eerlik te wees – dit maak mens vry van dagga drome vir die toekoms.
Elke mens se basiese behoefte is ‘n geestelike en sielkundige tuiste. ‘sense of belonging’
Dis waaroor die stryd gaan. Ons kan nie vir vreemdes ‘n tuiste gee nie maar dit wel vir jouself opeis en vir hulle gun. Dis waaroor Verwoerd vermoor is
Mens kan wel Vreemdes se tuiste steel en met die banvloek verwoes – dis waaroor die ABO gegaan het en Tsafendastan.
Wens daar was meer soos Richard vd Ross.
Jan, ek en jy het so ‘n rukkie terug kommentare op mekaar gelewer oor die Basters en onder andere jou ervaring in Betsjoeanaland.
Daardie punte wat ons aangeraak het, tesame met hierdie artikel en jou kommentaar hierbo, is sekerlik een van die moeilikste onderwerpe – vir my altans.
Dit gaan onder andere oor twee punte wat jy hierbo maak (i) …wreed eerlik en (ii) geestelike en sielkundige tuiste.
Die twee staan, in die konteks van ons gesprek, in kontras met mekaar. Hoe versoen ‘n mens dit?
Pragmaties, volgens keuses ongeag die werklikheid, volgens beginsels en dan welke beginsels.
Ek meen dat die grootste fout wat die NP gemaak het, was om die Kleurlinge se stemreg weg te neem. Daardeur het ons vir onsself vyande gemaak waarsonder ons kon doen’
Ek onthou nog goed hoe ek , in 1961 as ‘n 18 jarige nat-agter-die-ore klein snuitneus op ‘n politieke vergadering tydens vraetyd aan die destydse LPR gevra het :” ek verstaan julle beleid van tuislande vir elke groep, maar waar is die Kleurlinge se tuisland?”
Oor sy antwoord sal ek liewers niks verder meld nie.
Richard vd Ross se Ingelsgeit is presies dieselfde as meeste van die hedendaagse Cape Dutch in die Kaap (en deesdae ook verder noord)
Dit is ‘n subtiele vorm van snobisme wat ten beste verwoord word in die ou uitdrukking : “in the Cape Colony my deah, where the locals are more British than the British themselves. Where the wen der Baails speak only to the Cloeties and the Cloeties speak only to God”
Dit alles in skrille kontras met die Tv program gisteraand deur Coenie de Villiers oor die delwers in Windsorton-‘n dorpie wat ek sedert my kinderdae ken–en die lekker, gemaklike Afrikaans wat daardie bruin man in die program besig.
Dieselfde het ek ervaar daar in Namakwaland in dorpies in die Kamiesberge en plekke soos Khommagas. En op die koop toe sal baie van daardie mense kan deurgaan as blankes .
‘N goeie vriend is ‘n genealoog. Hy vertel dat daar baie Afrikaanse families is wat verbaas sal staan as hulle weet hoeveel van hulle se stammoeder was ‘n Khoi vrou.
Die vraag is nou : wat gaan ons met mekaar doen ? Mekaar vernietig, of ter wille van ons voortbestaan saamwerk ?
Mekaar vernietig, of ter wille van ons voortbestaan saamwerk ?
David, dit is ook my dilemma.
As jy wil, lees my kommentaar hieronder op Jan.
Johan saamboerdery met enige ander volk is soek vir probleme.
Dit kan net werk as elke volk oor homself regeer – soos dr. Verwoerd dit wou
gedoen het. Suid Afrika is baie groot daar is plek vir almal op hulle eie.
Ek stem 100% met jou saam.
Wat mens ookal sê, die uiteinde is dat elkeen oor homself moet regeer.
Ek is in die Staatsreg geleer dat ‘n grondwet, ten einde die grundnorm te wees en as sulks te kan funksioneer, moet ‘n spieëlbeeld van die samelewing wees.
Die huidige grondwet is dit nie.
Wat swartes betref – ek het geen twyfel in my gemoed dat naasbestaan net “soek is vir problem” soos jy dit stel. Probleme wat vermy kan word indien ons ons eie grondgebied het.
Maar wat doen ons as hulle en masse op ons grondgebied kom plak?
Die worsteling wat ek het is eerder die feit dat daar tussen ons, die kleurlinge, die basters, die Griekwas soveel in gemeen is maar tog ook soveel verskille is. Maar geld dit nie ook maar binne ons as Afrikaners se geledere nie?
In die geval van die Afrikaners (Boere) se geval deel die noordelike stam wel gemeenskaplikhede met die suidelike stam.
Eie grondgebied ten spyte van wat ek hierbo vra, is na alle waarskynlikheid die antwoord. Al moet ons dan maar soos die Israelis optree.
Hoe vuiler ‘n lap raak, hoe makliker raak dit om argloos daaroor te raak… Dis soos drank… Hoe meer jy daarvan inkry, hoe swakker raak ‘n mens se oordeelsvermoë.
Sela…
Môre Dolk.
” ..Hoe vuiler ‘n lap raak, hoe makliker raak dit om argloos daaroor te raak…” en om daaroor te loop sonder om eers regtig ag te slaan daarop totdat die skoene vuil is.
“…daar is verseker koekoeke en blinde gashere tussen die Boere…” Helaas, so is dit.
Verseker het ek vandag ‘n goeie metafoor raakgeloop wat ek sal onthou.
Middag ook Johan. Waar my “Hoe vuiler ‘n lap raak, hoe makliker raak dit om argloos daaroor te raak…” pas is wanneer mens na ‘n handdoek, ‘n waslap, ‘n sakdoek – iets wat bedoel is om iets-anders skoon te hou, kyk… Indien mens dit nie skoon hou nie, laat dit mens later met dit wat jy wou skoon hou, vuiler.
Beeldspraak, gelykenisse en spreuke is iets wat ek vandat ek kon praat gebruik. Daarsonder is my uitgedrukte gedagtewêreld soos die sap van ‘n sakkie erg-verlepte, kreukeldroog vaal lemoene…
Dit is nogal ‘n gawe om beeldspraak te kan gebruik. Elkeen kan dit dan uitlê soos dit hom pas en tog iets daaruit leer.
Wat my nogals opval is dat jy na alle waarskynlik jou brood in die tegniese wêreld verdien en tog uiters bekwaam met woorde omgaan.
Woorde is (soos) lewende wesens vir my… Nie net gaan hulle as boodskappers uit nie – hulle gaan woon ook by die mense met wie hulle in kontak kom… Party keer gaan hulle verby sonder om te klop – ander kere woon hulle tydelik by die leser/hoorder in… Ander kere kom hulle na jou toe – en verbou, breek en herbou, sonder dat daar ooit enige sigbare tekens was… Almal as kundige vakmanne en weefsters geskape…
In alle beskeidenheid – ek’s inderdaad in ongesertifiseerde ingenieurswese en die uitvindingsveld – met ‘n bankbalans van ‘n kerkmuis… ;)) “Waar jou skat is, sal jou hart ook wees…”
Johan dit is die enigste antwoord. My mening is dat die ANC
nie ryp gaan wees vir onderhandelinge voor die land nie totaal in duie gestort
het nie – so terloops ek lees die naweek dat die aandelebeurs ook in die
moeilikheid is. Eintlik is daar enigiets wat funksioneel ten alle tye behoort
te wees in die NSA – wat nog funksioneel is? Dit is nou ongelukkig so dat die
regering eers sal moet voel voor hulle verstaan – projeksie is nou nie eintlik
een van hulle sterk punte nie.
Die Kleurling tuisland is tog Atlantis.
Jan kwalifiseer tog net Atlantis die verlore stad of Atlantis
Kaapstad? … ;-))
Ek wil graag Jan se stelling “wreed eerlik” wees ook gebruik, Kom ons wees wreed eerlik—
Daar was nog nooit in die geskiedenis van hierdie land ‘n stukkie aarde waar daar geen anderskleuriges gewoon het nie .
Soos sake nou staan, meen ek ons as witmense staan voor ‘n keuse–
alleen heers oor ‘n eie stukkie aarde sien ek nie as ‘n moontlikheid nie–dus
Ons moet koes met wie wil ons hierdie deel van Planeet Aarde deel:
Die Bantoes of die Kleurlinge ?
Kry ons ‘n stuk grond moet ons besef dat ons dit lewensvatbaar moet maak. Onthou, nie almal gaan gelyk daarheen verhuis nie. Dit moet aanloklik genoeg wees om mede volksgenote te trek, en terselfdertyd moet die wat nog buite die “laer’ is bereid wees om fondse daarheen te skuif, soos die Jode Israel aan die gang hou.
Dit is die breer ideologie.
Ek is besig om ‘n huis te bou in ‘n aftreeoord. Staan nou die dag en kyk hoe drie swart pleisteraars en hulle helpers uur na uur die dagha meng, en dan dit teen die muur gooi en pleister.
8 uur lank, is dit die werk wat hulle doen. Verruil hulle spierkrag vir ‘n bord kos vanaand, want dit is waarop dit neerkom.
Terwyl ons sit en filosofeer oor die moontlikhede van ‘n volkstaat, wonder ek hoeveel wittes is daar nog wat bereid sou wees om sulke werk te doen, want dat daar gebou moet word is seker
Kyk mens na die kaart van SA, wonder ek hoeveel dorpe is daar oor wat nog nie besmet is met swart toestroming nie. Soos ek eenmaal gelees het–Qonquest by occupation. Oorwinning deur besetting.
Hier is iets om te bedink–op 28 April 1994, die dag na die groot verkiesing, kry die swartes via die ANC beheer oor 304 munisipalteite , of te wel 351 dorpe met al hulle bates en inkomstes.
Almal dorpe deur blankes gestig en onderhou oor dekades. Almal dorpe buite die tuislande.
Dorpe binne die tuislande het ek maar aanvaar is deur hulle self gestig.
Dit maak nie saak watter deel van die land ons kry nie, ons sal dit op een of ander manier dekontamineer van die Bantoe bevolking, sonder om weer die muishond van die wereld te word, want anders as in die vorige bedeling gaan ons nie een of ander mineraal he as politieke hefboom nie.
Tog mag ons nie ophou droom oor ons reg tot selfbeskking nie.
Ons moet net realisties droom.
Sonder hulle kan ons nie, met hulle wil ons nie.
Orania gaan uitstekend goed aan met eie arbeid. Een ou van > 78 jr het alleen 3 huise gebou en verhuur dit nou. Moderne bou tegnologie is fantasties. En daar is te veel werklose wittes.
Ons sal ons vryheid herwin soos wat ons dit verloor het.
Die bou van huismure sonder bakstene slegs met klip en draad is al deur die destydse WNNR aan die begin van die ’80 nagevors en bevind dat dit net so sterk is as baksteenmure.
Indien alleenstaande sonder vreemde arbeid, kan ons in elk geval met vernuftigheid werk uitskakel, werksmetodes verbeter en les bes, kies waarin ons wil spesialiseer en hulpbronne daarvoor aanwend.