Die ANC ontken dat drie koerante gestraf word vir hul aanvalle teen President Jacob Zuma, het ANC-woordvoerder Zizi Kodwa gesê.
“Die bewering is verkeerd en kwaadwillig. Dit dui daarop dat die regering nie soberheidsmaatreëls kan oorweeg betreffende media-aankope nie,” het Kodwa gesê en bygevoeg: “Die regering het ‘n reg om kostes te sny waar hulle kan.”
Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat die regering van plan is om ‘n plan te implementeer om die Sunday Times, Mail & Guardian, en City Press van reklame-inkomste ter waarde van miljoene rande te ontneem.
‘n Naamlose amptenaar het die drie koerante uitgesonder wat ‘n “anti-ANC en anti-regeringsaanslag” op die “demokratiese staat” dryf, het Sapa berig.
Die koerant het berig dat die grootste begunstigde van die besluit Independent Media sal wees, wat onder die eienaarskap van Iqbal Survé sal voordeel trek uit die besluit.
Kodwa gesê soberheidsmaatreëls is gedurende Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies se ampstermyn aangekondig.
Hy het gesê die regering het onderneem om verkwistende uitgawes te sny en minder op nie-noodsaaklikhede uit te gee.
“Dit het lank gelede begin. Die bewering kan nie nou gemaak word nie.”
Kodwa het gesê die aantyging dat die drie koerante gestraf word, is vals.
“Ons is ‘n demokrasie. Ons het selfs diegene ondersteun wat nie saamstem met ons nie. Dit is nie so dat dit as gevolg van straf is nie. Ons regering sal nooit so ‘n standpunt inneem nie,” het hy gesê.
“Maar die regering het ‘n reg om koste te sny in terme van waarde vir geld, nalv soberheidsmaatreëls. Daar is ook niks verkeerd as die regering sy mediakoopkrag konsolideer nie.”

Dit wemel alweer van eufemismes en foefies en onsinnighede.”Soberheidsmaatreëls”, “mediakoopkrag konsolideer”,”ons is ‘n demokrasie”. Die hele argument draai daarom dat die regering nie die drie koerante “straf” nie, maar hulle wel van inkomste uit ‘n regeringsbron uitsluit. Hulle verloor die inkomste, maar “dis nie ‘n straf nie”. Sien u die verskil? Nie ek nie. Oëverblindery en dis al. Hulle “konsolideer hulle mediakoopkrag” ten opsigte van die koerante wat hulle kritiseer, maar nie ten opsigte van goedgesinde koerante nie. Uitgawes aan kritiese koerante word beskou as “verkwistende uitgawes” en uitgawes aan “nie-noodsaaklikhede”. Die uitgawes aan ondersteunende koerante, moet ons aanneem, is dan produktief en noodsaaklik. Ons wil nou nie die drie koerante wooroor dit gaan, verdedig nie. Hulle kan dit self doen. Dit gaan hier oor politieke brabbeltaal. Semanties leeg, soos dr Roodt se Afrikaans onderwyser gesê het. Oor die brabbelkommunilkasie wat so kenmerkend is van totalitêre regimes, skryf George Orwell in 1946: “One often has a curious feeling that one is not watching a live human being, but some kind of a dummy, a feeling which suddenly becomes stronger at moments when the light catches the spreaker’s spectacles and turns them into blank discs which seem to have no eyes behind them.” Ons leef voorwaar in Orwell se 1984.
George Orwell het beslis ‘n visioen gehad oor Suid Afrika. Lees ook Animal Farm. Hy kon dit net sowel “South Africa” genoem het!
Nou leer die liberale media ook afrika ken. Lekkerrrrrr!!!!!!!