Die ANC ontken dat drie koerante gestraf word vir hul aanvalle teen President Jacob Zuma, het ANC-woordvoerder Zizi Kodwa gesê.
“Die bewering is verkeerd en kwaadwillig. Dit dui daarop dat die regering nie soberheidsmaatreëls kan oorweeg betreffende media-aankope nie,” het Kodwa gesê en bygevoeg: “Die regering het ‘n reg om kostes te sny waar hulle kan.”
Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat die regering van plan is om ‘n plan te implementeer om die Sunday Times, Mail & Guardian, en City Press van reklame-inkomste ter waarde van miljoene rande te ontneem.
‘n Naamlose amptenaar het die drie koerante uitgesonder wat ‘n “anti-ANC en anti-regeringsaanslag” op die “demokratiese staat” dryf, het Sapa berig.
Die koerant het berig dat die grootste begunstigde van die besluit Independent Media sal wees, wat onder die eienaarskap van Iqbal Survé sal voordeel trek uit die besluit.
Kodwa gesê soberheidsmaatreëls is gedurende Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies se ampstermyn aangekondig.
Hy het gesê die regering het onderneem om verkwistende uitgawes te sny en minder op nie-noodsaaklikhede uit te gee.
“Dit het lank gelede begin. Die bewering kan nie nou gemaak word nie.”
Kodwa het gesê die aantyging dat die drie koerante gestraf word, is vals.
“Ons is ‘n demokrasie. Ons het selfs diegene ondersteun wat nie saamstem met ons nie. Dit is nie so dat dit as gevolg van straf is nie. Ons regering sal nooit so ‘n standpunt inneem nie,” het hy gesê.
“Maar die regering het ‘n reg om koste te sny in terme van waarde vir geld, nalv soberheidsmaatreëls. Daar is ook niks verkeerd as die regering sy mediakoopkrag konsolideer nie.”
