praag.co.za

Zille kyk in die spieël en sien ‘n rassis

Written by

in

,

Nou onlangs haal Steve Hofmeyr ‘n gedig van NP van Wyk Louw op Twitter aan:

Dis natuurlik afkomstig uit sy beroemde gedig, “Ballade van die bose” waarmee ons Afrikaners op skool en universiteit grootgeword het. roodt_fbfotoZille is nie in staat tot enige ballades nie. Maar dalk kan ons nog ‘n vers uit Van Wyk Louw, dié keer uit “Raka: die dans” gaan leen om haar jongste, patetiese skryfsel op die DA se webblad mee te beskryf, veral die ironiese woorde: “oud en wys: ‘Raka is vreedsaam’, ‘Raka is nie sleg’”. Zille beskik oor ‘n “gróót, swart party”, die DA, wat hoofsaaklik deur blanke, Afrikaanse kiesers ondersteun word. Vandaar haar politieke eierdans wat al hoe belagliker raak. Sy behoort soos Piet Croucamp permanent ‘n kopdoek te dra sodat ons die anti-wit span kan herken as ons hulle sien!

Die DA-leidster of voordanseres rondom die Raka-vuur dink dat sy ‘n groot “strategiese skuif” maak om my en Steve as “rassiste” uit te kryt. Deur ons te demoniseer, hoop sy om die ontwykende swart steun vir haar party te werf! Ongelukkig hang haar anti-wit onderrok so ver uit dat dit meer as enigiets anders op ‘n herformulering van haar Amerikaanse suster en medekultuurmarxis, Susan Sontag se stelling oor “die blanke ras” neerkom:

If America is the culmination of Western white civilization, as everyone from the Left to the Right declares, then there must be something terribly wrong with Western white civilization… The white race is the cancer of human history; it is the white race and it alone—its ideologies and inventions—which eradicates autonomous civilizations wherever it spreads, which has upset the ecological balance of the planet, which now threatens the very existence of life itself.

Sontag – en Zille – gebruik dieselfde logika as Robert Mugabe: Alles wat in Zimbabwe en Suid-Afrika verkeerd loop, kan op witmense en veral “wit rassiste” se brood gesmeer word. Toenemende misdaad en geweld, plaasmoorde, korrupsie, Eskom, dalende onderwysstandaarde – om maar enkeles te noem – is nie die grootste probleme in ons land nie. Nee, veel eerder dít wat die links-liberale heldin van Kaapstad ‘n “erg kommerwekkende neiging” (deeply disturbing trend) noem, naamlik “wit-op-swart rassisme”.

Zille en haar ouers is mos onlangse immigrante, vanaf Duitsland nogal. Wel, diep in haar onderbewussyn is Zille nog ‘n Nazi, want sy gebruik hier Nazi-logika: die minderheid bedreig die meerderheid. Kan u glo? Zille is geen Afrikaner nie. Wat my betref, is sy geen Suid-Afrikaner nie! Sy is ‘n verdomde Duitse Nazi wat hier vir die Duitse motormaatskappye kom voorbrand maak het sodat al wat korrupte staatsamptenaar en regstellende-aksiemiljoenêr sy bene stompies kan hardloop na die naaste BMW-, Audi- of Mercedes-handelaar toe! Alles met die steun en seën van Zille en haar absurde “liberale” party wat net so liberaal in die klassieke sin is soos Idi Amin of Pol Pot se eertydse bewegings.

Die vier miljoen oorblywende blankes in ons land verteenwoordig die probleem, volgens Zille. Dít terwyl rotse van snelwegbrûe af op ons motors neerreën, rassistiese RA- en SEB-wette deur die DANC met behae vanuit die Kaapse parlement uitgevaardig word, en sadistiese moordenaars en rowers ons daagliks teister onderwyl foto’s van slapende polisiemanne die internet vol lê. Sonder privaatveiligheidsmaatskappye en buurtwagte sou daar lankal volksmoord gewees het.

Asof die Nazi-logika van die minderheid wat die meerderheid bedreig nie genoeg is nie, neem Zille haar retoriese oneerlikheid ‘n stap verder deur vir “Steve Hofmeyr en Dan Roodt” in haar boendoehof aan te kla en skuldig te bevind, want sien: ons is verantwoordelik vir die “styging in voorvalle van wit rassisme”. Sy skryf:

Cloaked in flowery prose and intellectual bluster, their racism has emboldened some of their followers. I doubt it is a coincidence that the increase in racist incidents across the country has run parallel to the increase in their public profiles.

Waaroor gaan die “rassistiese voorvalle in die land” waarna sy verwys? Dis vier of vyf voorvalle, wat soos die geval van die Reitz-vier sekerlik oordryf word, waarin dronk studente iemand van ‘n ander ras rondgeklap het of waar ‘n man van Kenilworth ‘n swart vrou vir ‘n prostituut aangesien het. Die ironie is natuurlik dat die meeste van dié voorvalle in die liberale, Engelse Kaapstad plaasgevind het, nie in die ou HNP-vesting van die Noord-Transvaal of die KP-vesting van die Wes-Transvaal nie. Dus gaan dit om Zille se Prog- of DA-bure wat nou hul ware kleure wys, soos die ou grappie uit die dae van die vorige bewind: “Praat Prog, stem VP en bid dat die NP aan bewind bly.”

Wat het die gedrag van ‘n student aan die Universiteit van Kaapstad of ‘n tandarts in Rondebosch met my te make? Die Universiteit van Kaapstad, daardie kultuurmarxistiese hool, sal my nie eens op hul kampus toelaat nie, terwyl ek nie aan ‘n enkele PRAAG-ondersteuner in Rondebosch kan dink nie. Maar ek – en Steve Hofmeyr – moet pa staan vir die gedrag van “daders” wat doer in Zille en haar man, die marxistiese dosent aan die UK, se invloedsfeer verkeer!

Sulke voorvalle is boonop kwalik verteenwoordigend van die wanorde wat in ons land heers en is bloot uitsonderlike “fratse” waarop Zille en die liberale hoofstroommedia fokus om die aandag af te lei van die hele stelsel wat besig is om – soos in Zimbabwe – skouspelagtig te misluk. Selfs Frans Cronjé, voorsitter van die liberale SAIRV (Suid-Afrikaanse Instituur vir Rasseverhoudinge) wat jare lank bepleit het dat die ANC en SAKP die land behoort te regeer, het onlangs in Landbou.com gesê dat ons almal ‘n “plan B” moet hê vir wanneer Suid-Afrika misluk:

Wat het u bedoel met ’n plan B in ’n onlangse koerantonderhoud? ’n Tyd terug was ek saam met die voorsitter van Zimbabwe se Commercial Farmers’ Union (CFU) op ‘n verhoog. Hy het sy spyt uitgespreek omdat hy nooit boere in Zimbabwe aangeraai het om ’n plan B gereed te hê nie. Dit het my laat dink. Ek wil nie oor 20 jaar in daardie man se skoene staan nie. Daarom raai ek mense aan om ’n plan B te kry. Ek het só ’n plan – nie omdat ek weet ek gaan dit nodig kry nie, maar omdat dit onverantwoordelik sal wees om nie te erken dat die eksperiment wat in 1994 begin is, steeds verkeerd kan loop nie.

Sommige se plan B is om hul kapitaal en bates na veilige Europese jurisdiksies soos Switserland te verskuif. Moontlik het Zille dit ook reeds gedoen. Maar sy beskik oor ‘n tweede plan B, wat steeds aan Nazi-logika herinner: Kry ‘n sondebok vir die mislukkende staat Suid-Afrika. En die sondebok is: die Afrikaner, of daardie Afrikaners soos ek en Steve Hofmeyr wat nog nie heeltemal tot gedwee stilte deur die kultuurmarxistiese histerie geknuppel is nie. As Thandi Modise nie haar beeste en varke kos of water gee op haar regstellende boerdery nie, is dit seker ons skuld!

Om sondebokke by ‘n minderheid te soek, is ‘n gevaarlike speletjie. Só leer die geskiedenis ons. Toe ek in Parys gewoon het, het ek ‘n Kambodjaans-Chinese buurman gehad wie se gesin voor hul huis in die straat deur die Khmer Rouge doodgeskiet is, omdat hul etniese Chinese was. Stalin het ses miljoen Oekraïners van die honger laat omkom. As marxisme met minderheidsondeboksoekery gepaar word, raak dit besonder dodelik.

Wat Zille my “blomryke prosa” noem, is geensins die “mooiskrywery” waarna Van Wyk Louw in Vernuwing in die prosa verwys het nie. Dis gewoon denke. Ons Afrikaners dink voor ons doen. Dít het ons van ons Noord-Europese voorouers oorgehou. Ons is nie soos die alwetende Engelse pseudo-liberaal of kultuurmarxis wat die hekke vir Raka oopgooi, links en regs begin “transformeer” en plase nasionaliseer, net om, as die hele “meesterplan” sy onvermydelike gebreke begin toon, ‘n sondebok te soek om vir die gemors verantwoordelik te hou nie.

Een van die beste boeke oor die verskynsel van die “sondebok” is juis in Frans geskryf, deur die filosoof en letterkundige René Girard, Le bouc émissaire (Die sondebok, Grasset 1982). Onder andere sien Girard (bl. 83) ‘n verband tussen “vervolgings in die verlede” en “huidige mites”. Daarom is daar ‘n verband tussen die kultuurmarxistiese mite oor apartheid en Afrikanerboosheid, en die Britse volksmoord en koloniale Afrikanervervolging van die negentiende eeu.

René Girard sê:

“Daar is niks in mities-godsdienstige rituele wat nie logies vanaf die meganisme van die sondebok afgelei kan word en wat op ‘n hoër vlak as in die geskiedenis fungeer nie” (bl. 81).

Eerder as wat enkele onverwante fratsvoorvalle van wit-op-swart rassisme tiperend van enigiets in Suid-Afrika is, is Zille se Nazi-agtige gebruik van die sondebokdiskoers die “erg kommerwekkende neiging”, om haar woorde te gebruik.

Ek is seker ek praat namens alle Afrikaners en blankes in die land as ek sê dat ons nie bereid is om verantwoordelikheid vir die mislukking van marxisme en liberalisme in Suid-Afrika te aanvaar nie. Ons moet onthou dat die Liberale Party, waarvoor Helen Zille so ‘n groot bewondering koester, die eerste groepering was wat hom tot stedelike terreur met die stasiebom van 1964 gewend het. Deur terreur en leuens het die fanatiese linkses in ons land die NP’s en veral die idiotiese papbroek FW de Klerk verslaan. Noudat die hond die bus gevang het, weet hy nie meer mooi wat om daarmee te maak nie, behalwe om die staatskas leeg te steel. Om Suid-Afrika te regeer en te bestuur, blyk ‘n groter uitdaging te wees as om histeries vanuit die Britse en ander internasionale media bloot propaganda te bedryf.

Ek het ook ‘n plan B: Ons moet al die marxiste terugjaag Londen toe, waar hulle hoort. Laat hulle ons vanuit die Engelse hoofstad belieg en beledig, soos hulle al eeue lank doen, van die dae van die Britse sendelinge en die Swarte Ommegang af. Dat ons hulle toelaat om dit hier in ons eie land te doen, verteenwoordig ‘n strategiese flater wat ons nog suur gaan bekom. Afrikaners behoort teen Zille en haar mede-Nazi’s op te tree, voor dit te laat is en die soort fanatieke Boerehaat en anti-wit rassisme wat sy verkondig in nóg groter geweld oorslaan as wat ons reeds ervaar.

En as daar iemand is wat beswaar daarteen maak dat ek Zille ‘n kultuurmarxis én ‘n Nazi noem, hoef hy maar net Martin Bosma van die PVV se boek, De schijn-élite van de valse munters (Bert Bakker, 2010), te lees waarin hy vermeld: “Hitler was links.” DA-sosialisme, regstellende aksie en grondhervorming is bloot ‘n variant van nasionaal-sosialisme wat bepaal: die rasseminderheid en hardwerkendes moet gestraf word. Bosma verwys onder andere na ‘n boek deur Jonah Goldberg, Liberal Fascism, en skryf:

Goldberg stelt dat nationaal socialisme eenzelfde oorsprong heeft als de New Deal van Roosevelt en het Italiaans fascisme: de wil om de economie centraal te organiseren en planmatig te beheren… Het fascisme moet volgens Goldberg beschouwd worden als een links fenomeen. Fascisme en communisme waren beide utopische visies. (bl. 249)

Die DANC wil ons land in die naam van klasse- en rassegelykheid vernietig en in die proses die blanke en Indiër-middelklas verarm, indien nie in kampe met die vertroude marxistiese metodes laat uitmoor nie. Blankes en Indiërs pleeg die minste misdaad (hulle verteenwoordig kwalik een persent elk van die land se gevangenisbevolking) en is ook die mees aktiewe entrepreneurs en werkskeppers, daarom gehate “Koelakke” in Stalin se terme. Ook Ilana Mercer tref die vergelyking tussen die Russiese middelklasboere en Afrikanerboere in hoofstuk 2 (“The Kulaks of South Africa vs. the Xhosa Nostra”) van haar boek, Into the Cannibal’s Pot: Lessons for America from Post-Apartheid South Africa.

Soos ek onlangs gesê het, na Alain Finkielkraut: Anti-rassisme is die nuwe rassisme. Zille is ‘n groter rassis as wat enige AWB-lid ooit kan droom om te wees.

Ek stem saam dat ons rassisme moet beveg, maar dan veral die rassisme van die kultuurmarxistiese elite wat Afrikaners en blankes as die vyand beskou. Hulle haat ons want ons staan in die pad van hul grootskaalse plundertog deur die staat en selfs privaat bates soos grond, eiendom en aandele.

Comments

34 responses to “Zille kyk in die spieël en sien ‘n rassis”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Ek het die volgende in anywoord op haar kotsplas op Politicsweb gelos: Scouring social media it is remarkable to find liberal obsession with race and racism. On the receiving end is always some white raaayciss as racism, according to liberals, are found only in and practiced only by whites. Socialist masquerading as liberals are obsessed with race, they engender to see racism in everything any white person does, the have an obsession with keeping the race narrative going at all costs by attributing racism to even to most feeble of incidence. And always it is white racism, never the reverse. This is a false narrative. I find it interesting that Zille highlights these despicable acts by whites on blacks but glosses over the racism of blacks on whites. That is called race baiting Zille – and it makes you no better than Al Sharpton, Jesse Jackson, Louis Farrakhan, Andile Mxigmita, Shabaaz Zulu. If you must and really have to discuss racism then please do so from a neutral point of view. The type of conversation you are having are just driving deeper divisions between different ethnic groups. It is supremely paternalistic towards everybody

    1. Guest Avatar
      Guest

      As someone who believes she hails from the Master Race, the Chosen People, she won’t find her paternalism/racism offensive

      1. FR2P Avatar
        FR2P

        Master Race? More like Eurotrash

    2. RSA PATRIOT Avatar
      RSA PATRIOT

      Baie waar woorde. Nes Al Sharpton, is Zille ook ‘n “race-baiter”.

  2. G Avatar
    G

    “Sy is ‘n verdomde Duitse Nazi wat hier vir die Duitse motormaatskappye kom voorbrand maak het” Baie dankie! Ja presies. Terwyl Hamburg sy middestad se paaie uitkap om ontslae te raak van uitlaatgasse, verkwisting, besoedeling en karre, moet ons hier in SA in hulle uitlaatgas verstik omdat die Nazi’s Zille aan die mag hou

  3. Witbeer se groot vet zol Avatar
    Witbeer se groot vet zol

    zol is wie nou weer? sy doen wat? vir die land.dik ou squueza wat saam vir die voorvaders dans.
    haar preke wat sy uietr is gevaarlik vir aardverwarming

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Wat praat jy ek het n video gesien waar sy n swartstem werf met n gevoelvolle soen.

      1. Witbeer se wit soen Avatar
        Witbeer se wit soen

        Nee man Riempies, ons werk met kos hier, siesa!

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Ag askies man ek het nou weer nie gedink voor ek gepraat het nie.

  4. Manfred Delport Avatar
    Manfred Delport

    Twee observasies:

    1. ‘n Ander kommentator het gister op ‘n ander nuusblad die opmerking gemaak: “You can’t out-racist the ANC”, bedoelende Zille probeer nou die ANC se eie rassisme-kaart beter as die ANC self speel. Gaan nie werk nie. Nie een enkele swarte gaan dit geloofwaardig vind nie. Eintlik spreek dit bloot van volslae ideeloosheid en desperaatheid aan die kant van die ekstreemlinkse terroris-bewonderaar, Zille.

    2. Ons is al hoe nader aan die situasie wat Orwell voorsien het, waar blote gedagtes ‘n misdaad kan word. Orwell het dit so gestel: As dit nie verpligtend is nie, is dit verbode.

    Vat die opskrif van Zille se berig.”Racism is not free speech. It is an offence – Helen Zille”

    As jy dus ‘n spreekwoordelike bejaarde blanke dame is, en jy klou stywer aan jou handsak vas as ‘n groep swart mans jou van vooraf op straat nader, uit vrees vir misdaad, is jy alreeds skuldig aan ‘n misdryf, ‘n “offence”. Die kulturele marxis sou volhou dat die bejaarde blanke skuldig aan rassisme is, omdat sy swartes stereotipeer, al is dit ‘n realistiese vrees.

    Dit is 100% presies wat Orwell voorsien het – in die siek wêreld van Joodse kulturele marxiste soos Zille, bestaan daar jou werklikwaar “thought crimes” – gedagtemisdade.

    1. Sjert Avatar
      Sjert

      Waarom enige piet of pietin wat hulself Afrikaner noem, vir die DA siele kan stem, is gewoon verstommend.
      Hulle is groter vyande van die Afrikaner, as wat selfs die ANC kan wees.

  5. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    En dan praat sy nog mooipraatjies in Afrikaans voor die verkiesing. Tipiese gebruiker- sy het die blanke kiesers gebruik om haar party te laat floreer. Nou gooi sy hulle vir die wolwe sodra sy hulle met swart kiesers vervang het. Die wat vir die wolwe gegooi is, sal doodeenvoudig hul oë moet oopmaak!

  6. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Ek het sopas weer die belaglikheid van kultuurmarxisme en diversiteit beleef toe ek by ‘n fliekteater verbyloop en ‘n groep laerskoolmeisies vir mekaar vra hoekom “Annie”, wie al die jare ‘n blanke meisie met rooi hare was, nou swart is.

    1. RSA PATRIOT Avatar
      RSA PATRIOT

      Wanneer jarelange tradisie getransformeer moet word, lyk dit so. Die kritici wat daaroor gekla het, is summier met beskuldigings van rassisme gemuilband en gestenig.

  7. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Miskien het sy nie eers ‘n kopdoek nodig nie. Kan sommer die black sash om haar kop draai.

  8. Rutger Avatar
    Rutger

    Nog ‘n Uitlander met ‘n slinkse plan

  9. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    “Sonder privaatveiligheidsmaatskappye en buurtwagte sou daar lankal volksmoord gewees het” is zonder meer verzachtend……….

    Dat de Bolsjewieken zo op de boeren in de voormalige ‘state of evil’ de SU, waren gebrand lag in het feit dat zij nogal ‘nationalistisch’ en ‘zelfonderhoudend’ waren……
    En het moorddadige systeem moest en zou natuurlijk slaven overhouden.

    Lijkt ook hier en nu waarneembaar.

  10. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    en nou maar met smart wachten op een afgedwongen zwarte ‘James Bond’ Boetie en in de komende film/fliek er wat meer homopedo elementen kunnen worden verwacht ? Met dan als publikestrekker èèn der grootste schurken op het pedo eiland: Tony B.

  11. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    is zeker ook al verboden om te stellen in deze ‘rechtstaat’ Frannie, waarbij er gerekend kan worden op prioriteitenlijstjes bij opsporing en veroordeling in rechterlijke macht en veiligheidsdiensten zoals ‘de hond die met de staart gaat zwaaien’….

  12. Rifrug Avatar
    Rifrug

    Wil nie jou maag verder laat draai nie – maar hier is waarvan Riempies gepraat het …

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Inderdaad BEKOTSENSWAARDIG (BB groete)

  13. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Mense, die waarheid maak seer. Sommer baie. Ek kom nou op hierdie statistiek af oor Apartheid.

    “Consider these two astounding facts: “The United States incarcerates a higher proportion of blacks than apartheid South Africa did. In America, the black-white wealth gap today is greater than it was in South Africa in 1970 at the peak of apartheid.”

    Hierdie kom van ‘n Amerikaanse navorser, Nicholas Kristof.

    Maar ongelukkig vergeet hy dat Suid-Afrika se wit-swart ongelykheid teen 1985 nog minder was! In die jare 1970-1985 het die swartes se aandeel in die totale inkomste met meer as 1000% per jaar vermeerder. Die 1985 statistiek vir Suid-Afrika se ongelykheid sal dus die huidige Amerikaanse wit-swart ongelykheid soos ‘n absolute ware “misdaad teen die mensdom” laat lyk!

    Verder is hierdie Amerikaanse navorsers vreeslik geskok na hierdie ontdekking en hulle dink dat Amerika se wit-swart ongelykheid n.a.v. hierdie statistiek skokkend en skandalig is. Wat hulle nie besef nie is dat dit andersom is – Apartheid Suid-Afrika se wit-swart ongelykheid was, anders as wat gepropageer is, uitstekend (klein) en dit sal baie lande se huidige ongelykheid merkwaardig (groot) laat lyk.

    Ek sal graag Konrad Koch en sy regspan se antwoord hierop wil sien!

    1. Guest Avatar
      Guest

      Koch and his team are really not interested in rational debate. I’m surprised you haven’t noticed.

      1. RSA PATRIOT Avatar
        RSA PATRIOT

        I have noticed. But somehow, I still have faith in the possibility of persuading the irrational by rational means and methods. Rationality always gets the upperhand.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Dit lyk of die laaitie ‘n ernstige skroef los het.

  14. Vrystater Avatar
    Vrystater

    Is dit waar dat Zille ‘n intieme verhouding met Biko voor sy dood gehad het!? Dit kan deels dalk verklaar hoekom sy Biko se dood se “passievol” ondersoek het…!

  15. Vrystater Avatar
    Vrystater

    Mooi geskryf dr Roodt! Interessant hoe die DA-Jode se broekies nou begin bewe … nadat net twee prominente Afrikaners polities onkorrek die waarheid begin versprei het!!! Die impak is groot! Die rotte skarrel! Selfs Marx du Preez word nou (weer!) deur die liberale RSG ingespan om soggens die volk onderdanig te hou en sielkundig (soos baie dominees) pap te slaan!!! Volgende kan ons seker ook verwag dat die Intelligensiedienste een of ander regse komplot gaan openbaar… om die volk net weer terug in die ANC-onderdanigheidstuig te span!

    1. Guest Avatar
      Guest

      Thou shall not violate the Imperial commandments! Because if you do, thou shall be disgraced, exposed, uninstalled, tagged, hated and smeared. See what happens when anyone gets too confident and cured of hubris, and ignores one or more commandments. This is when you are reborn as a racist, dictator, despot, torturer, and yes, Boer terrorist. This is when backyards get dug up to find a few milligrams of weapons of mass destruction and hysteria follows.

  16. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Ek sien Zille en die Missing-gedoente het mekaar op Twitter beetgekry. Missing het Zille onder andere beskuldig dat sy dink Apartheid nie so sleg was nie. Die blote feit dat Koch vir Zille, wie al voor Koch se geboorte Apartheid beveg (onder valse voorwendsels en intensies) het, beskulding het van ‘n vorm van “apartheids-ontkenning” wys vir ons hoe irrasioneel en onnosel hierdie mannetjie is. Ek is bly dat Zille onder dieselfde kam, van valse beskuldigings, as Steve geskeer word. Hierdie knaap is werklik ‘n idioot wat valse en ongegronde beskuldigings rondslinger om teen dit wat hy as rassisme te beskou, te “veg”. Eintlik probeer hy maar net bekendheid werf deur op baie meer bekende mense se rûe rond te ry. Hierdie ongedoente moet geïgnoreer word.

    1. FR2P Avatar
      FR2P

      Zille’s lust for renown is also farcical. She has earned the dubious honor of an overrated thinker from Xhosa refugees, Agang, the deep pit of American money and now Koch. This is how stupid and vapid this person is. For her to call anyone a racist is a joke. She is a barometer of idiocy, a creature of Rondebosch establishment consensus, an exemplary spokesperson for the always-evolving middle… of nowhere.

      1. Guest Avatar
        Guest

        One suspects that had this couple been heterosexual and conservative, the media attention would not have been quite so toadying or nauseating. Role models for a future generation of…gay psychopaths. Oh wait, what future generation? Most in the media are perfectly willing to ignore this imposture. So they are beneficiaries of a corrupt and compliant media and political establishment that grasp at their filthy lucre. Only when the fairy tale comes crashing down—a country destroyed, a devastating loss of life suffered—will the herd be willing to admit the obvious.

      2. RSA PATRIOT Avatar
        RSA PATRIOT

        Exactly. She is a typical patronising leftist, thinking that she is a messiah for black people. These thoughts stem from the day of her Black Sash participance, in which she thought that she had to “relieve” blacks from a so called “crime against humanity”. Just funny seeing her now, crying about all the problems in a black-governed country – something for which she fought so ferociously only to see it boomeranging right into her and all South Africans’ faces.

Leave a Reply