Thandi Modise kla dat sy aan vark verbind word

Deel op

‘n Klagte is by die Persombudsman teen The Sowetan aanhangig gemaak oor ‘n berig wat die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, aan haar mishandelde varke verbind.

Haar woordvoerder, Neo Moepi, sê die koerant het haar verklaring oor die verwaarloosde diere wat op haar plaas aangetref is, verdraai.

Moepi sê die berig onder die opskrif ” Ek het meer as my vark gely”, op die koerant se voorblad, is nie net lasterlik nie maar kom ook neer op karakterskending.

Hy sê dit skep die indruk dat die voormalige premier nie waarde heg aan die lewens of sorg van die diere wat op haar plaas aangehou is nie.

Die polisie en amptenare van die Dierebeskermingsvereniging het Saterdag op die plaas opgedaag waar hulle deur skokkende tonele van diereverwaarlosing begroet is.

Die diere is sowat twee weke lank sonder kos en water aan hul eie lot oorgelaat. Die varke het mekaar verskeur om te probeer oorleef. Dooie skape, bokke, en eende is ook op die plaas aangetref.

Daar was geen plaaswerkers op die eiendom nie, geen krag nie en die waterpompe was ook buite werking.

Die voormalige premier hou vol dat sy nie daaroor ingelig was nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.