Agt swart mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Willie Janse van Rensburg (72) van Odendaalsrus in die Vrystaat.
Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê vier verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem en die ander vier is Woensdag vasgetrek.
Die arrestasies volg glo nadat die Valke ‘n “wenk” ontvang het. Die verdagtes, tussen 21 en 35 jaar oud, sal Vrydag in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.
Janse van Rensburg, sy skoondogter, vyf kleinkinders, en ‘n huurder is op 30 Oktober deur swart plaasaanvallers op sy plaas Nuwejaarsbosch oorval.
Alhoewel hy gewapen was, het die swart aanvallers daarin geslaag om sy vuurwapen by hom af te neem en hy is drie keer geskiet. Hy is by sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Janse van Rensburg se skoondogter en een van die kleinkinders is ook ernstig aangerand.
Die plaasaanvallers het selfone, vuurwapens en kontant gebuit en toe met Janse van Rensburg se bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate opgespoor.

Kom ons hoop vir ‘n suksesvolle skuldigbevinding. Plaasaanvallers ? Hulle is moordenaars !
As hulle skuldig bevind word, ja
Jislaaik maar die Valke is slim
8 sotte om een man van 72 jaar aan te val……… julle moet maar Johanna Brandt se boke gaan lees, marmites, dit is eintlik n waarskuwing aan julle gerig…….