praag.co.za

Plaasmoordenaar kry 30 jaar

Written by

in

,

‘n Swart plaasmoordenaar is Donderdag in die rondgaande hof in Nelspruit, Mpumalanga tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn bejaarde boer met ʼn hamer doodgeslaan het.

Welcome Zenzele Bulunga het skuldig gepleit op aanklag van moord, roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hy is skuldig bevind aan die moord op Gerhardus Petrus de Beer (82) en die aanranding van sy blinde vrou, Nicolina Albertina Jacoba de Beer (81), op hul plaas Spioenkop naby Witrivier op 10 Oktober 2013.

Die hof het gehoor dat Bulunga die egpaar van ondermeer selfone en vuurwapens beroof het. Volgens Bulunga se pleitverklaring, wat deur sy regsverteenwoordiger Percy Tshabalala aan die hof voorgelees is, het hy die dag van moord na weiding gesoek vir vee.

“Ek het verby ‘n plaashuis geloop en ‘n grassnyer op die grasperk gesien. Ek het oor die heining gespring en terwyl ek die grassnyer na die heining gestoot het, het ek gesien een van die geboue se vensters is gebreek. Ek het by die venster ingeloer en gesien dit is ‘n werkswinkel vol gereedskap. Ek het ‘n bejaarde man sien nader kom en ‘n hamer uit die werkswinkel gegryp, oor twee heinings gespring en hom aangerand,” het Bulunga gesê.

Volgens Bulunga het hy hierna die plaashuis se deur oopgestoot en ʼn bejaarde vrou in ʼn stoel sien sit. Hy het haar met die hamer aangerand en op kontant aangedring. Bulunga het die twee vuurwapens en ander items gevat. “Terwyl ek uit die huis gestap het, het ek die bejaarde man sien nader kom. Ek het die televisie neergesit en hom weer met die hamer aangerand.”

Bulunga het die twee selfone die volgende dag aan Siphiwe Nkosi en Nonhlanhla Mashaba vir onderskeidelik R100 en R70 verkoop. Hy het die vuurwapens na sy suster se huis gevat en in ʼn ou Isuzu-bakkie weggesteek. “Ek gee hierdie verklaring met opregte berou en vra om vergifnis van die De Beer-familie,” het Bulunga gesê.

Regter Peter Mabuse het tydens vonnisoplegging gesê: “Jy het ʼn weerlose egpaar met geen krag om hulself te beskerm in die veiligheid van hul eie huis aangeval.”

Mabuse het daarop gewys dat Bulunga nooit die motief vir die aanval aangedui het nie.

Comments

4 responses to “Plaasmoordenaar kry 30 jaar”

  1. Satirikus, Agent, Witbeer, 006 Avatar
    Satirikus, Agent, Witbeer, 006

    goeie nuus, beter nuus sou gewees het as hy met n hammer geblixem sou word totdat sy oe omdop.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Ons moet begin die haai voer Witbeer dit is wat ons moet doen.

  2. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    hopelijk heeft TLU op soek naar weide voor mensenrechten nou in Zwitserland succes om Plaasmoord te laten zien voor wat het is nl: volkenmoord en misdaad tegen de menselijkheid onder een misdaad omarmend racistisch schrikbewind.

    Op soek naar weide en ‘en passant’ wederom een paar levens verwoest terwijl ook deze onschuldige oude mensen nou nog geen enkele bescherming in deze staat hadden.
    Hoe het o.m. met mevrouw Jacoba de Beer nou verder gaat is nog weer eens het ergste voor te vrezen want verstikking in de ‘normaliteit’ van de bureaucratie, die natuurlijk veel ervaring heeft met ‘afronden’, dreigt……

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Vonnis hom tot ligte lyfstrag – sewe houe met ‘n 14 pond hamer. Wat duidelik is – hy het gestap, die werkswinkel vol gereedskap gesien – so hierdie daad is uit jaloesie gedoen, uit haat omdat die een goed bymekaargemaak het – goed opgepas het en die watookal wil dit net vir homself vat.

Leave a Reply