Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het vroeër ‘n oproep om eenheid in Cosatu gedoen omdat dit volgens hom noodsaaklik is om te verseker dat werkersregte beskerm word. Hy het Numsa geleentheid gegee om eersdaag hulle saak te stel.
Cosatu dreig om te skeur en irrelevant te raak in ‘n arbeidsmark wat deur hoë werkloosheid en lae produktiwiteit gekenmerk word.
Numsa en Cosatu is sedert die skietery by Marikana haaks en die stryery het verdiep voor die algemene verkiesing vandeesjaar.
Die twis handel oor onder meer oor ‘n besluit om steun aan die ANC te onttrek en buite sy tradisionale steunbasis in die metaal- en ingenieursbedryf lede te werf om ‘n breë sosialistiese werkersbeweging te bou.
Ramaphosa het gesê daar sal nog ‘n spesiale sentrale uitvoerende komitee vergadering in November gereël word om die metaalwerkersvakbond, Numsa die geleentheid te gee om homself teen skorsing uit die federasie te verdedig.
Die besluit is geneem op ‘n vergadering van die komitee wat Donderdag in Johannesburg plaasgevind het.
Daar was bespiegelinge dat die komitee Donderdag sal stem oor Numsa se skorsing. ‘n Stemmery sou egter klaarblyklik onwettig en ongrondwetlik wees.

Dit is interressant hoe die politiek nou werk. Hier is mense in leiersposisies wat nie meer tevrede is met die grootbase daarbo nie. Hierdie leiers se werk oor die laaste 4+ dekades was juis om die verskillende mense in ‘n eenheid saam te bind. Hulle het dit deksels goed reggekry (As ons boere net ‘n 100e daarvan kon regkry maar ons is meer soos steeks donkies met terpentyn onder die stert)
Cyril word nou die joppie gegee om hierdie leiers weer in lyn met hulle te kry. Ek dink egter die president doen sy bes om hierdie kohesie te vernietig (nie doelbewus nie, hy kry dit maar net reg deur sy lawwe doen en late)
Kom ons hou hierdie dop want Cyril is iemand wat ek nie vertrou sover ek hom kan gooi nie.