Skotland se Eerste Minister en leier van die Skotse Nasionale Party (SNP) het bedank uit sy amp nadat hy Donderdag se onafhanklikheidsreferendum moes prysgee en die Britse premier David Cameron aangedui het dat hy nie beloftes teenoor die Skotte sal nakom nie.
Die “Nee”-veldtog het met 55 persent van die stemme teen 45 persent se “Ja” stemme gewen.
“Ons het die referendum verloor, maar Skotland kan nog steeds die politieke inisiatief dra,” het Salmond aan joernaliste en ondersteuners gesê.
“Vir my as leier is my tyd amper verby, maar vir Skotland gaan die veldtog voort en die droom sal nooit sterf nie.”
Salmond sê daar is ‘n “aantal uiters bekwame en baie geskikte kandidate vir die leierspos.”
Salmond het gesê hy is trots oor die historiese 85 persent van kiesers wat in Donderdag se referendum gestem het en die wyse waarop die Skotte hulself gedra het.
“Ons het nou die geleentheid om Westminster te druk om hul beloftes wat hulle gemaak het na te kom om verdere betekenisvolle mag af te wentel na Skotland. Dit plaas Skotland in ‘n baie sterk posisie,” het hy gesê.
Salmond het Vrydag met premier David Cameron samesprekinge gevoer. Hy het gesê Cameron wou homself nie verbind tot afgewentelde magte soos vervat in die “Scotland Bill” wat deur die oud-premier Gordon Brown belowe is tydens die veldtog nie.

Nou lyk Pieter Mulder eers sleg
Dit word maar net duideliker waar sy lojaliteite eintlik lê – so twee grade regs van FW maar eintlik sy eie sak en voel ‘n veer oor “selfbeskikking” wat hy probeer verkoop het – hy was en bly eerder ‘n struikelblok (betaalde een?) op ons pad van vryheid.
En wat van die Niekie hanswors?
Ek dink dat dit ‘n bietjie naief sou gewees het om te dink dat die Groot Manipuleerder ooit net hulpeloos sou toekyk hoedat haar bates hulleself van haar ontvreem.
Dit gaan nie oor hoeveel kruisies getrek word nie, dit gaan oor hoeveel kruisies getel word. Almal weet al dat demokrasie en kruisietellery nie die papier werd is waarop die kruisies getrek word nie, maar die sisteem sal nie verander nie, want dit is die sisteem wat die maklikste werk vir die wat ‘n sekere uitslag wil laat sien gebeur.
Het ons enige-iets anders verwag?
Maar nog steeds. Daar is ‘n groot mate van patriotisme wat weer by goeie mense begin posvat, en dit kan net ‘n edel ding wees.
Wat die Skotte sal agterkom en wat SA jare terug geleer het, is dat jy nie die Britte kan vertrou nie.
Trusting the Rooineks? Yes, fools would. https://www.youtube.com/watch?v=3oRg-VKuE68#t=177
As hulle op hierdie stadium (na 300 + jaar) nog nie geleer het nie dan sal hulle nooit.
Om ‘n engelsman te vertrou is soos om ‘n ystervark se agterent te skop, jy kom altyd tweede.
Giggel Giggel 🙂
Welkom hier Gert.