Franse swartbewussynskrywer skielik tronk toe weens Joodse druk

‘n Paryse advokaat en vriend van die Franse swartbewussynskrywer, Kémi Séba, beweer dat hy weens “druk van die Joodse gemeenskap” in die tronk gesmyt is en selfs in eensame aanhouding verkeer. Séba is verlede Sondag by ‘n teater in Parys, die Main d’Or, tydens ‘n boekbekendstelling in hegtenis geneem.

Die betrokke teater behoort aan die komediant en satirikus Dieudonné wat self in rusies met Frankryk se invloedryke Joodse gemeenskap betrokke is. Séba was by die teater om sy swart-nasionalistiese boek, La supra-négritude, bekend te stel.

Die swartbewussynsdenker het in 2007 sy standpunt só opgesom:

Ek droom daarvan om blankes, Arabiere en Asiate te sien wat hulself organiseer om hul eie identiteit te verdedig. Ons beveg al die ape wat hul afkoms ontken, van Stépane Pocrain tot Christiane Taubira (huidige swart Franse minister van justisie) en Mouloud Aounit… Die nasionaliste is die enigste blankes waarvan ek hou. Hulle wil nie met ons meng nie en ons ook nie met hulle nie. Omdat daar die holocaust was, het ek nie die reg om enigiets oor my sionistiese verdrukker te sê nie?

Kémi Séba in 2007
Kémi Séba in 2007

Op 19 Desember 2008 was Séba betrokke in ‘n vuisgeveg met Ahmed Meguini, ‘n videomaker wat glo ‘n baie “negatiewe film” oor hom gemaak het. Hiervoor is hy op 22 Desember 2008 tot twee maande tronkstraf, maar opgeskort vir 18 maande, gevonnis. Intussen het hy na die VSA gereis waar hy as Franssprekende “minister” van die New Black Panther Party aangestel is en het hy hom sedertdien in Senegal gevestig waar hy ook ‘n TV-program aangebied het.

Dit blyk nou dat die opgeskorte vonnis van 2008 intussen sonder sy medewete in ‘n vaste vonnis verander is en daarom is hy na afloop van sy boekbekendstelling in hegtenis geneem en na die gevangenis vervoer. Volgens regskenners sal dit nie veel help om teen die inhegtenisname te appelleer nie, aangesien die tweemaandevonnis al afgeloop sou wees teen die tyd dat die saak in die hof voorkom. Sy enigste hoop is nou dat Franse vonnisregter sy vonnis kan versag en dalk kan verminder of weer kan opskort.

Die boek van Kémi Séba wat Sondagaand vrygestel is, waarna hy in hegtenis geneem is
Die boek van Kémi Séba wat Sondagaand vrygestel is, waarna hy in hegtenis geneem is

In 2011 is Séba op die Switserse grens in hegtenis geneem omdat hy ‘n vergadering in dié land wou gaan toespreek, maar weens klagtes van die Joodse gemeenskap in Switserland is hy uit die land gesit en aan die Franse polisie oorhandig. Die polisie het hom op daardie stadium egter bloot vrygelaat, hoewel sy misdaadrekord nagegaan is en die opgeskorte vonnis van 2008 daarop moes verskyn het.

‘n Jeugbeweging wat hy op die been gebring het, die Jeunesse Kémi Séba, is op 15 Julie 2009 deur die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, kragtens ‘n wet van 1936 teen privaatweermagte verbied omdat hy gemeen het dat dié beweging ‘n “rassistiese en antisemitiese ideologie propageer en hom wend tot onverdraagsame optrede wat provokasie en geweld insluit”.

 

2 thoughts on “Franse swartbewussynskrywer skielik tronk toe weens Joodse druk”

  1. “Ek droom daarvan om blankes, Arabiere en Asiate te sien wat hulself organiseer om hul eie identiteit te verdedig. Ons beveg al die ape wat hul afkoms ontken,” – soos die spreekwoord lui: “Be carefull what you wish for, it might come true”.

    Verder ” “rassistiese en antisemitiese ideologie propageer en hom wend tot onverdraagsame optrede wat provokasie en geweld insluit”.” – dit is wat die Franse dink van diegene wat teen hulle samelewing opstaan maar hier by ons het hulle die goedgepraat. Hier was hulle ook maar hand om die blaas met die ANC as ons ons volkseie dinge wil laat geld dan word ons as rassiste uitgekryt. Hierdie vent sal altyd ‘n boorling van Afrika bly al het hy Frankryk binnegeval en probeer om die Franse se samelewing omver te werp.

Maak 'n opvolg-bydrae