Die Suid-Afrikaanse polisie, insluitend lede van ‘n elite taakmag, is in Maseru ontplooi nadat die voormalige weermagbevelvoerder van Lesotho Tlali Kamoli en sy troepe verlede maand verskeie polisiekantore bestorm het op soek na wapens.
‘n Polisieman is dood en verskeie ander beseer in die aanvalle wat premier Tom Thabane en lede van sy koalisieregering gedwing het om na Suid-Afrika te vlug.
Dit blyk nou dat Thabane die parlement in Junie ontbind het om ‘n beplande mosie van wantroue in hom te systap.
Ná ‘n noodvergadering van SAOG onder aanvoering van President Jacob Zuma vroeër hierdie maand, het Thabane die versekering gegee dat hy die parlement weer sal oopstel, maar dit het nog nie gebeur nie.
Thabane is steeds ‘n gas van ‘n Sandtonse hotel. Hy het gesê hy sal slegs terugkeer en die parlement oopstel “as veiligheid herstel is”.
Thabane het ná die vergadering belowe hy sal terugkeer na Lesotho waar hy onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse magte sal wees.
Dit blyk nou dat hy ook verwag dat Suid-Afrika sy pos moet beskerm as hy uitgestem word. Dit wil voorkoms asof Thabane nie wil terugkeer sonder dié waarborg nie.
“Al wat ons vra van die SAOG is, kan ons hierdie klein probleempie van veiligheid uitsorteer?” het hy gevra, met verwysing na sy amp.

Dis lekker in Afrika, steel, moor, bedrieg, vlug na NSA en bly gratis in Sandton Sun. Is daai skelm van Haiti nog hier tuis?
ZA sy amp waarborg? Gaan sorteer jou eie mense en jou eie weermag uit. As jy ZA se weermag wil gebruik vir jou moeilikheid dan hoor jy nie in beheer van jou land nie.
Ek wonder wat kos Thabana se Sandtonse hotel en wie betaal dit?
So in die omgewing van R3000 per dag … en wie betaal dit? Ek en jy … die belastingbetaler!
Foeitog, die SANW kan net in Lesotho ingryp, ek wonder of dit ook so ‘n fokopus kolossus gaan wees soos die laaste keer toe die SANW daar in is?