praag.co.za

SAUK-raadsvoorsitter versin glo ook kwalifikasies

Written by

in

,

Ellen Tshabalala, die voorsitter van die SAUK-raad, kan nie aan die portefeuljekomitee oor kommunikasie bewys lewer van haar sogenaamde kwalifikasies nie.

Die komitee sal glo aanbeveel dat president Jacob Zuma Tshabalala vir die duur van die ondersoek skors.

Tshabalala, wat in Oktober aangestel is, het op haar CV beweer sy het ‘n BCom-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal, sowel as ‘n nagraadse kwalifikasie in arbeidsverhoudinge.

In Julie, het City Press berig dat die universiteit bevestig het dat Tshabalala nie die kwalifikasies het nie.

Die universiteit het slegs die inligting vrygestel nadat ‘n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting Wet gemaak is.

Joyce Moloi-Moropa, ANC-lid van die Parlement en die voorsitter van die komitee, het bevestig dat Tshabalala nie behoorlike antwoorde kon verskaf nie.

Die komitee vergader Dinsdag om die ondersoek te finaliseer. Die komitee sal dan besluit of Tshabalala geskors moet word.

In ooreenstemming met artikel 15 van die Wet op Uitsaaiwese, kan sy nie langer in die amp dien nie. Tshabalala kan ook krimineel aangekla word omdat meineed ‘n kriminele oortreding is.

Comments

6 responses to “SAUK-raadsvoorsitter versin glo ook kwalifikasies”

  1. Andrea Avatar
    Andrea

    Ag tog, ‘n dommetjie ‘n dag. Hierdie tipe berigte, of eerder die inhoud daarvan, is lankal nie meer nuus nie. Daar is bitter min hooggeplaasdes wat werklik hul posisie en die voordele daarvan verdien.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Is dit hoe dit met die grond in die land ook gaan? Eis op wat nie aan jou behoort nie?

    1. Gas Avatar
      Gas

      Daarsy, raakgevat

  3. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Wat maak dit saak sy het nie ‘n BCom gehad nie. Sy het die potensiaal gehad om ‘n BCom te hê

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Blykbaar is haar kwalifikasie ook nie Cum Laude nie, maar Cum Terug.

  4. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    Ken n ere-doktorsgraad aan haar toe .

Leave a Reply