Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het gesê die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela “speel slagoffer”, nadat die soveelste brief oor Nkandla “uitgelek” het en Madonsela weier om die bron te onthul.
Kodwa sê bykans al die Openbare Beskermer se ondersoeke het voortydig uitgelek en nie eenkeer het sy verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.
Die ANC het die OB skerp gekritiseer en haar van partydigheid beskuldig nadat ‘n brief weer aan die media gelek is vir die soveelste hoofstuk van die Nkandla-sage.
Die OB wat ‘n veldtog voer om van Zuma ontslae te raak, word deur Julius Malema en die EFF gesteun.
Elke brief van die OB word klokslag aan die media “gelek” om aan Madonsela die geleentheid te gee om haar veldtog deur die media te voer.
“Sy het die brief laat uitlek en moet verantwoordelikheid aanvaar. Dis nie die eerste keer dat sy inligting laat uitlek nie,” het Kodwa gesê.
Madonsela het na bewering aan Zuma geskryf dat hy haar aanbevelings betwyfel dat hy van die geld behoort terug te betaal wat aan sy privaatwoning op Nlkandla bestee is.
Die ANC het in ‘n verklaring gesê dis verregaande om te sê dat die vertroulike brief deur ‘n ANC-lid uitgelek is. Die party eis dat Madonsela haar bron bekend maak.
Oupa Segalwe, woordvoerder van die OB, het in reaksie gesê Madonsela weier om die bron te gee. Sy het gesê sy is vertroulik vertel wie dit is en dus “gaan sy dit vertroulik hou”.
Die ANC het sy kommer uitgespreek oor hoe Madonsela die OB-kantoor bestuur.
Die ANC het gesê hy vermoed die OB hanteer Nkandla as ‘n “persoonlike saak buite haar grondwetlike mandaat” en die party het haar neutraliteit in twyfel getrek.
Sy het bewerings ontken dat ‘n veldtog in die media voer en gesê sy “is vertroulik ingelig ‘n senior ANC-lid het die vertroulike brief aan die media uitgelap”.

OPSKRIF FOUTIEF !
“Madonsela weier om bron vir bekend te maak”
Die ANC is bang vir Madonsela – hulle het dalk gedink hulle het net ‘n skoothondjie, nog ‘n
ja-broer (suster?) aangestel en nou moet hulle bontstaan om hulle hoofman te beskerm. Daar is baie volkies wat glo Zuma doen reg (gaan lees maar ander forums). Ons denke en die afrikadenke is nie dieselfde nie. Hulle hoofman mag maak soos hy wil, dit is sy reg. Ons hoofman in teendeel word voor stok gekry en vervang as hy/sy aanjaag.
En toe was daar pik, de klerk, roelf, viljoen en…
Moet jy nou my bloeddruk so vroeg in die more opjaag! 🙂
Hahaha – skuus man!
Van die os na die esel… Weet nie van jou nie, maar daar ‘n paar besighede met wie ek batta – as gedeeltelike vergoeding vir dienste gelewer… Ek het verlede week ‘n produksielyn by ‘n brouery herstel… Jy sal nie glo met watse glimlag ek daar weg is nie…
Hierdie twak oor Nkandla irriteer my grensloos. Mbeki het miljarde gesteel en ons hoor niks daarvan nie. Net ‘n maand gelede het Sasol $14 miljard in die bankrot VSA “belê” wat eintlik maar beteken die Amerikaners het ‘n voormalige Afrikaner onderneming se winste gesteel. Nkandla vir stemvee wat totaal onnosel is.