Namaquafees van die baan tensy organiseerder opdaag

Vanjaar se Namaquafees sal nie plaasvind nie, tensy iemand inspring en die geleentheid organiseer.

Die hopelose munisipaliteit het die naweek nog ‘n verklaring uitgereik waarin hy erken dat hy nie self die feesreëlings kan behartig nie. “Die raad se betrokkenheid behels slegs om sy bronne beskikbaar te stel vir die gebruik van die fees.”

Die Matzikama-munisipaliteit (Vredendal) het Steve Hofmeyr nietemin verbied om op te tree by die fees wat in Oktober sou plaasvind omdat hy voorheen die Die Stem gesing het. Die munisipaliteit het sulke optrede as “rasisties” [sic] beskryf.

Die haatveldtog teen Steve, Afrikaners en hulle kultuureiegoed word deur Media24 gedryf en het opnuut uiting gevind in die verbod teen Hofmeyr se optrede.

Louis le Grange, eienaar van Events24, het toe al 17 kunstenaars gekanselleer en as organiseerder onttrek, aangesien Steve in elk geval die kunstenaar is wat skares trek en kaartjies verkoop.

Die munisipaliteit het naarstiglik probeer skerm vir eise teen hulle het in die verklaring beklemtoon dat hulle nie “in enige winste deel” wat uit die fees gegenereer word nie.

Die munisipaliteit gaan vandag met “mense van die plaaslike sakegemeenskap” vergader om ’n nuwe organiseerder te probeer kry.

12 thoughts on “Namaquafees van die baan tensy organiseerder opdaag”

  1. “rasisties” , “nie in enige winste deel” – ‘n Munisipaliteit wat nie kan spel nie, en so min weet van
    die ingewikkelde werkinge van stelsels en die ekonomie, het nie die reg om ‘n dorp te bestuur nie. Mag inwoners kennis neem, en in 2016 met die munisipale verkiesings die regte ding doen. Wie sy
    neus skend, skend sy aangesig.

        1. Dit is ‘n klug wat deur geld bepaal word. Die inwoners het niks met die verkiesing te make nie. Dis ‘n Joodse operette wat vir ons gereël word. Jy kan ‘n deelnemer kies waarvan jy hou, maar dit sal absoluut niks vir jou beteken om te stem as jy ‘n Afrikaner is nie.

      1. Wat moet gebeur is dat elke dorp sy eie munisipaliteit moet dra – Tans moet elke dorp die ANC se “informal Settlement” ook dra met kranksinnige belastings (d.w.s. wat die informele settelaars nie steel nie) en tariewe en ook die onbekwame ANC aangestelde sotte se salarisse betaal. Hierdie snert moet end kry. Tyd dat elke dorp en stad by Jaap Kelder aansluit en van hierdie parasiete permanent ontslae raak en elke munisipaliteit sy eie bekwame en opgeleide mense aanstel – as ons nie binne
        baie kort sonder krag en sonder skoon drinkwater wil wees nie.

  2. Hulle is te bang vir wat dalk mag gebeur – dit fees sal grotendeels Afrikaans wees. Die stem mag dalk net gesing word. Daar mag dalk net ‘n Afrikaanse patriotiese gevoel ontstaan en daar mag dalk net ‘n volk opstaan om vir homself en sy eie mense se regte te veg. Diegene in beheer durf nie so iets laat gebeur nie. Dit wys net hoe diep die vrees vir ons mense nog lê

Maak 'n opvolg-bydrae