Senegal sal ‘valse’ inligting oor Ebola straf

Die Departement van Justisie in Senegal het aangekondig dat hulle “valse inligting versprei deur [die koerant] La Tribune” sal straf nadat berig is dat vyf gevalle van Ebola in Senegal aangemeld is.

Die privaatmediagroep D-Media het berig dat “vyf gevalle van Ebola in Senegal” voorgekom het in sy uitgawe van Maandag.

In ‘n verklaring sê die Departement van Justisie die “valse inligting versprei deur La Tribune” in artikel wat gepubliseer is deur die koerant oor Ebola, kan baie “baie ernstige implikasies hê” vir die land.

Hierdie inligting “kan ons land sit in kwaratyn plaas […] vir die internasionale gemeenskap en rig enorme skade aan die Senegalese mense wat [internasionaal] wil reis,” sê die Departement van Justisie.

Die Departement sê die koerant moet besef “die publikasie van vals inligting is strafbaar deur die wet”.

“Daarom het die aanklaer besluit om die hof te nader oor die saak,” het hy aangekondig, sonder om verdere besonderhede van die aksie wat geneem sal word te gee.

Die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Aksie, Awa Marie Coll Seck, het Maandagoggend gesê geen bevestigde gevalle van Ebola is in Senegal aangeteken nie.

Die resultate van monsters van twee pasiënte met simptome van die siekte is negatief, het sy tydens ‘n ministeriële vergadering gesê.

4 thoughts on “Senegal sal ‘valse’ inligting oor Ebola straf”

  1. Hierdie ebola-ding het al die bestandddele vir ‘n potensiële verskrikking. Aantygings dat Amerika die virus ontwerp het. Die berigte oor moontlike ebola-besmettes wat gewaag het om Richardsbaai se hawe binne te vaar. Ek verstaan maritieme wetgewing verbied ‘n skeepskaptein om ‘n gebiedswater te betree as daar ‘n redelike vermoede is dat hy mense aan boord het wat ‘n aansteeklike siekte aan boord het. Het die meneer in R/baai oortree?
    Wat die gedagtes laat gaan na 1918 se Groot Griep, toe duisende Blankes in Suid-Afrika uitgewis is weens wat bekend gestan het as Spaanse Griep. Die virus is volgens bronne die land ingebring deur KLeurlinge wat aan Engelse kant aan WO1 deelgeneem het.

  2. African governments should prepare to give these “experimental” vaccines to all the CDC and WHO and NGO employees on their territory, if necessary under gunpoint as the International Health Regulations allow, indeed require. After all, these CDC, WHO and MSF staffers need to be protected first, don’t they? They are in an ebola zone, aren’t they? They could be potentially infected by this virus according to the official narrative.

Maak 'n opvolg-bydrae