‘n Soldaat van 5SAI is in hegtenis geneem nadat hy positief verbind is met ‘n plaasaanval wat baie onlangs net buite Ladysmith in Natal plaasgevind het, het die Vryburger berig.
‘n Bejaarde dame is tydens die voorval deur twee gewapende mans op haar plaas langs die N11 net buite Ladysmith verras. Hulle het kontant en ‘n windbuks, wat hulle as ‘n swaarder wapen aangesien het, geroof. Die dame is nie in die aanval beseer nie.
Die twee stuks was deel van ‘n bende van nagenoeg vier tot vyf terroriste. Boere op naburige plase het vinnig gemobiliseer en die terroriste begin soek. Een van hulle is in die omliggende bosse gekry en aangekeer. Kort daarna is die soldaat in die Acaciavale-gebied in hegtenis geneem.
‘n Gelisensieerde 9mm vuurwapen is in die besit van een van die verdagtes gekry.
Die twee verdagtes het in die Ladysmith-landdroshof op aanklagte van gewapende roof verskyn. Die ander terroriste is nog op vrye voet.
Waarnemers het hulle kommer uitgespreek dat sulke voorvalle daarop dui dat soldate en polisiebeamptes dikwels deel uitmaak van die terroriste wat ingestel is op die volksmoord.
ʼn Woordvoerder van Projek 2010 is van mening dat daar verbintenisse is met terroristegroepe soos Al-Kaïda en andere.

Viva die BOERE. Dis verblydend om te lees dat daar na hulle verwys word as terroriste, presies wat hulle is.
More Tinkies,
Presies, ek het juis nou die dag ook gesê hulle IS terroriste want hulle tree in groepies op wat nie uniform dra nie .
‘n Terroris het ook geen aanspraak op sagkense behandeling nie want hy het self geen goeie bedoelings met dit wat hy doen nie.
Die feit dat ons eie gewapende magte ons eie burgers aanval – dit is mos burgeroorlog! Die soldaat is nie baie slim as hy ‘n windbuks vir iets swaarder aangesien het nie. Wat kommerwekkend is, is die moontlikheid dat hierdie terroriste bande met ander terroristegroepe kan hê – dit sal my nie verbaas gegee die terroristeagtergrond en geskiedenis van die ANC nie.
Ons het nou genoeg gepraat, dit is tyd om terug te skiet !
Nou-eers?!