Senegal sal ‘valse’ inligting oor Ebola straf

Die Departement van Justisie in Senegal het aangekondig dat hulle “valse inligting versprei deur [die koerant] La Tribune” sal straf nadat berig is dat vyf gevalle van Ebola in Senegal aangemeld is.

Die privaatmediagroep D-Media het berig dat “vyf gevalle van Ebola in Senegal” voorgekom het in sy uitgawe van Maandag.

In ‘n verklaring sê die Departement van Justisie die “valse inligting versprei deur La Tribune” in artikel wat gepubliseer is deur die koerant oor Ebola, kan baie “baie ernstige implikasies hê” vir die land.

Hierdie inligting “kan ons land sit in kwaratyn plaas […] vir die internasionale gemeenskap en rig enorme skade aan die Senegalese mense wat [internasionaal] wil reis,” sê die Departement van Justisie.

Die Departement sê die koerant moet besef “die publikasie van vals inligting is strafbaar deur die wet”.

“Daarom het die aanklaer besluit om die hof te nader oor die saak,” het hy aangekondig, sonder om verdere besonderhede van die aksie wat geneem sal word te gee.

Die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Aksie, Awa Marie Coll Seck, het Maandagoggend gesê geen bevestigde gevalle van Ebola is in Senegal aangeteken nie.

Die resultate van monsters van twee pasiënte met simptome van die siekte is negatief, het sy tydens ‘n ministeriële vergadering gesê.