Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, is verlede week vir ’n “moordenaar” uitgeskel deur Britse Sosialiste by die Universiteit van Witwatersrand.
Ramaphosa het ’n gehoor toegespreek oor die nasionale ontwikkelingsplan (NOP) in Wits se Grootsaal.
“Hoe slaap jy snags? Jy het bloed op jou hande,” het Claire Ceruti gegil. Sy en haar kohorte het het gedans en plakkate rondgeswaai terwyl Ramaphosa gepraat het.
Die sogenaamde “Marikana-ondersteuningsgroep” het plakkate opgehou wat lui: “Moenie toelaat dat politici met moord wegkom nie.”
Ramaphosa is ’n Lonmin-aandeelhouer wat voor die Marikana-slagting in eposse aan die Lonmin-bestuur en die ministers van polisie en minerale bronne die myners as “kwaadwillig” en “misdadig” beskryf het en vir “toepaslike optrede” gevra het.
Sowat 30 mynwerkers en aktiviste het die lesing ontwrig. Ramaphosa het gesê die rede waarom hy nie oor Marikana wil uitbrei nie, is omdat die Farlam-kommissie van ondersoek daarmee gemoeid is.
Ceruti het aanhou skree, waarna veiligheidswagte haar en nog ’n lid van die groep uit die saal begelei het.

skielik voel ek soos n Britse sosialis…. of te wel ek voel dieselfde….. siraal, jy steek iets weg, jy klink soos oscar, my Lady
Skerp!
Ek is bly hy is uitgejou. Ek wens dit wil nou met die hele regering gebeur en ook met rooiworsie. Maar ek sal maar moet aanhou droom.
Rooikop,
Dit is nou n mooi naampie vir ons vriend.
Ek vra nog steeds, gaan daar optrede wees deur die regering van die dag teen Polonie en al sy rooiworsies.
Miskien moet ek ook maar aanhou droom nê.