Strenger wapenbeheer na kindermoorde gevra

​Die ANC het Maandag gesê dat hulle die toename in kindermoorde veroordeel en strenger wapenbeheer van die regering gevra.

“Hierdie toenemende en onverklaarbare verskynsel, wat hulpelose en onskuldiges teiken, het geen plek in ons samelewing nie,” het Zizi Kodwa, die party se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Ons moet die skuldiges identifiseer en isoleer, en hulle aan die polisie oorhandig sodat hulle suksesvol vervolg kan word.” Die ANC het gevra dat naasbestaandes nie die reg in hul eie hande neem nie.

Verskeie gevalle waar bruin kinders wreed vermoor is, het koerantopskrifte gehaal. Luke Tibbetts (4) is dood nadat hy in Westbury, Johannesburg in ‘n skietery gewond en later dood is. In Julie is Taegrin Morris (4) ook dood tydens ‘n motorkaping in Reiger Park, Boksburg.

Die seuntjie het buite die motor aan sy sitplekgordel gehang terwyl die kapers met die gesteelde motor weggejaag het en is vir sowat 10 km langs die motor gesleep.

“Ons vra ook dat die regering strenger maatreëls met betrekking tot wapenbesit instel, omdat onwettige wapens al hoe meer gebruik word in verskeie misdade,” het Kodwa gesê. “Ons glo as wapenbesit strenger beheer word, dit sal help om dié misdade ook kort te vat.”

9 thoughts on “Strenger wapenbeheer na kindermoorde gevra”

    1. Andrea dit kan ons nie waag nie hulle gaan vir rassisme doodstraf gee en dan moet jy weet dit sal alles onder die son wees tot wit toilet papier i.p.v. swart toilet papier.

      Ons moet net so paraat wees soos daardie vrou wat die moordenaar sommer dadelik geskiet het – ek is so paraat!

  1. Meer wapenbeheer dus minder wapens vir die blankes. Hoekom noudat kinders gedood word maak dit saak? Hoeveel boere is al vermoor maar hulle wil eerder die boere ontwapen om nog sagter teikens te word. Soos hieronder – sorteer die polisie en weermag uit, kry plaasmoorde tot nul in 20 jaar DAN eers kan ons oor wapenbeheer begin praat. Tot dan voel ek daaroor soos oor e-tol.

  2. Wapenbeheer! Ha! Perfekte verskoning om weerlose blankes, veral boere, van hul enigste oorhand te stroop! Die mense weet so goed soos wat hulle hul eie naam ken, dat die wapens wat wettig aangekoop word, en waaroor daar beheer gaan word, in die hande van die blanke is. Dit is dan die polisie self wat die bendes voorsien met gekonfiskeerde wapens. Siek land hierdie!

Maak 'n opvolg-bydrae